Somaliese seerowers bevry gyselaars
''n Losprys van US$1,5 mijoen is klaarblyklik betaal vir die vryheid van Asiatiese seevaarders wat vir vier jaar deur Somaliese seerowers aangehou is.
Ná meer as vier jaar in aanhouding is 26 Asiatiese seevaarders wat deur Somaliese seerowers gyselaar gehou is, deur hul gevangenemers vrygelaat.
Dit is gister deur die Chinese ministerie van buitelandse sake bevestig.
Die seevaarders het Sondag in Nairobi, Kenia, aangekom. Internasionale bemiddelaars sê die vrylating is ''n keerpunt in die lang stryd teen seerowery in Somalië.
Die bemanning van Viëtnam, Taiwan, Kambodja, Indonesië, China en die Filippyne was onder die enkele gyselaars wat steeds deur die seerowers aangehou word.
Hulle was aan boord van die FV Naham 3, ''n Taiwannese vissersboot wat in Maart 2012 onderskep is. Die boot is later gesink, het ''n verteenwoordiger van die seerowers, Bile Hussein, gesê.
Hussein sê ''n losprys van US$1,5 miljoen is vir die seevaarders se vrylating betaal.
Die seevaarders is nou onderweg na hul tuislande, het John Steed, koördineerder van Bystandsvennote vir Gyselaars van die Amerikaanse organisasie Oseane sonder Seerowery, gesê. Hy sê nog ''n bemanningslid is in die seerowery dood en twee ander is weens siektes in aanhouding dood.
Seerowery aan die Somaliese kus was eens ''n ernstige bedreiging vir die globale verskepingsbedryf. Die aanvalle het egter in onlangse jare midde patrollies deur die vlote van lidlande van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo), China en Indië skerp afgeneem.
Geen kommersiële vaartuig is sedert 2012 met welslae gekaap nie, maar die bedreiging van seerowery duur steeds voorts, het Steeds gesê.
-Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie