Somaliese seerowers kaap Indiese skip
Seerowers het ‘n kommersiële Indiese skip aan die kus van Somalië gekaap, in die tweede aanval in weke ná jare se onaktiwiteit deur seerowers, het veiligheidsbronne gister bekend gemaak.
United Kingdom Maritime Trade Operations (UKMTO), wat die bestuur van alle kommersiële skepe en seiljagte in die Golf van Aden koördineer, sê dit het inligting ontvang dat ‘n Indiese skip op pad van Dubai na Bosasso in die omgewing van die Socotra-eiland gekaap is.
‘n Woordvoerder sê UKMTO was nie in staat om die ligging van die vaartuig vas te stel nie. Hy het die vaartuig as die Al Kausar geïdentifiseer en gesê die ondersoek duur voort.
Somaliese seerowers het verlede maand ‘n olietenkskip gekaap in die eerste kaping sedert 2012, maar dit weer vrygelaat ná ‘n konfrontasie met Puntland se maritieme mag.
Somaliërs is die afgelope tyd woedend omdat buitelandse vissermanne op hul hengelgebied toegesak het. Sommige van die vissermanne is deur die Somaliese regering van lisensies voorsien. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie