Somaliese seerowers kaap olietenkskip
Vyf jaar nadat 'n kommersiële skip laas aan die Somaliese kus gekaap is, het seerowers weer toegeslaan.
Seerowers het 'n geregistreerde olietenkskip met agt Sri Lankaanse bemanningslede aan boord gekaap, het Somaliese amptenare gister bekend gemaak.
Dit is die eerste geslaagde kaping van 'n kommersiële skip sedert 2012.
Die Aris 13 het Maandag 'n noodsein uitgestuur, die naspeuringstelsel afgeskakel, van koers verander en onderweg na die Somaliese hawedorp Alula geseil, het John Steed van die hulpgroep Oceans Beyond Piracy gesê.
"Die seerowers het die olietenkskip gekaap en dit na aan Alula gebring,” het die distrikskommissaris van Alula, Mohamud Ahmed Eynab, gesê. Hy het bygevoeg dat seerowers in die dorp bevestig het hulle verwag die skip.
Steed sê vliegtuie van die Europese Unie se streeksvlootmag, EU Navfor, het oor die skip gevlieg om die vaart te monitor en te probeer vasstel wat gebeur het. Data waaroor Reuters beskik, het aangedui die skip het skerp gedraai nadat dit die Horing van Afrika op 'n vaart van Djiboeti na Mogadisjoe verbygesteek het.
Die Aris 13 behoort aan 'n Panamese maatskappy, Armi Shipping, en word deur Aurora Ship Management in die Verenigde Arabiese Emirate bestuur.
Toe seerowery vyf jaar gelede hoogty gevier het, het Somaliese seerowers 237 aanvalle van die Somaliese kus uitgevoer en honderde mense gyselaar gehou.
In 2011 is Oceans Beyond Piracy tot stand gebring teen 'n globale koste van US$7 miljard. Skeepsmaatskappye het ongeveer 80% van die koste gedra.
Aanvalle het skerp afgeneem nadat skeepseienaars veiligheidsmaatreëls verskerp en die Somaliese kus begin vermy het.
- Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie