Somergraan se vooruitsigte positief
Verwagte reën kan landbousake verbeter
Dr. Kobus Laubscher - Somergraanproduksie in Suid-Afrika strek oor ‘n wye gebied, en die plant- en groeiseisoen verloop nie oral dieselfde nie.
Min of meer oos van die N1 is bekend as die oostelike deel en daar begin die plantseisoen baie vroeër as in die dele wes daarvan. Net so verskil die groeiseisoene en reënvalpatrone ook.
Boere moet in die ooste vroeër plant omdat die koue en gevolglike ryp daar vroeër kan toeslaan. Graankultivars is ook dienooreenkomstig ontwikkel om die vensterperiode optimaal te kan benut. Planttyd buite daardie venster beteken verhoogde risiko omdat opbrengste dienooreenkomstig daal. Finansiële instelling wat geld voorskiet werk in harmonie met boereleners om ten minste daardie risiko’s beter te kan bestuur.
Al hierdie pogings steun op die natuur, want sonder reën op die regte tyd sal selfs die beste kultivars misluk. Verder is dit nou ook al algemene kennis hoe boere in die Noordweste en noordwestelike dele van die Vrystaat die afgelope seisoen binne ‘n baie kort tydjie kon plant omdat genoeg reën dit moontlik gemaak het. Die resultaat was dat daar teen baie verwagtinge in kos op die tafel is.
Die 2019-’20 plantseisoen vir somergrane is om die draai en lande lê gereed. Die eerste reën het reeds in die oostelike produksiegebiede geval en vooruitsigte lyk belowend.
Trouens, die nuutste voorspellings deur gerespekteerde weerontleders dui op bo-normale reënval vir die kwartaal tot einde Desember 2019. Dit is uiteraard baie goeie nuus – nie net vir die Suid-Afrikaanse landbou nie, maar vir die substreek in die geheel.
Suid-Afrika behoort wat somergrane betref ‘n netto uitvoerder te bly. Globale prysbewegings is tans verbruikervriendelik, met die gevolg dat wisselkoerse en opbrengste uitvoerwinste sal bepaal.
Die impak van die weer bly egter dié belangrikste faktor soos tans die geval is met die wintergraanoes. Droër en warmer weer die afgelope paar weke is vinnig besig om die aanvanklike verwagting van die grootste wintergraanoes in ‘n decade, af te skaal.
Weliswaar sou Suid-Afrika nie totaal invoeronafhanklik word nie, maar die aanvanklike raming van ‘n 1,9 miljoen ton koringoes sou ‘n betekenisvol positiewe hupstoot vir die land wees.
Tans word ‘n aansienlik kleiner wintergraanoes verwag en al sou toestande meer gunstig word, sal die oesverliese tot nou toe ongelukkig nie omgekeer kan word nie.
Wat die vooruitsigte in die lewendehawebedryf betref, speel die verwagte produksie-omstandighede ‘n groot rol, maar is dit veral die status van die ekonomie wat bepalend gaan wees.
Ten spyte van die oplewing in die tweede kwartaal waar die ekonomie positiewe groei getoon het, bly die vooruitsigte maar bleek. Daar is te veel onderliggende faktore wat stremmend inwerk op verbruik sodat vraag geleideherstel vir die afsienbare tyd net ‘n droom gaan bly.
Prysbewegings gaan nie die wa deur die drif kry nie en wanneer beplan word vir die volgende tydperk, behoort prysuitskieters as toevalswins hanteer te word.
Daar is gewoon nie ruimte vir verhoogde verbruikerspryse nie. Verder is alle aanduidings ook dat sou pryse op verbruikersvlak toeneem, sulke stygings moeilik deurvloei na die plaashek. Administratiewe inflasie sal daarvoor sorg.
Inflasie in die geheel blyk onder beheer te wees, maar die impak van prysstygings op verbruikersvlak verskil na gelang die verbruikers se behoeftes. Die aanduidings is daar is verbruikers baie meer diskresionêr gaan koop met wat hulle het. Die vraag is waar laat dit die boer?
Die omgewing buite die plaas se grensdrade bepaal grootliks wat binne daardie drade kan gebeur, maar daar is ‘n verskil. In baie gevalle is sake buite die beheer van die boer en dit sal hom/haar baat om daarvan kennis te neem, maar om nie te veel daaroor te tob nie.
Hieronder tel kwessies soos beleid, wisselkoerse, die weer ensovoorts. Die beste raad is om te midde van hierdie “geraas” buite, kop te hou en om te fokus om beter te boer.
Dis nou die tyd om dapper besluite te neem en om reg te wees vir wanneer sake weer normaliseer.
Dié besluite wentel om wat ek moet hê, maar ek nie kan bekostig om aan te skaf nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie