Somerskool vir kulturele toerisme, mode
Verskeie museums, kulturele en kunssentrums sal in die hoofstad en die Noorde besoek word.
Die Universiteit van Namibië (Unam) in samewerking met die Universiteit van Turku in Finland bied van 9 tot 15 Februarie 'n somerskool oor digitale kommunikasie van inheemse Afrika-erfenis en -mode aan.
“Afrika is 'n ryk vasteland met uiteenlopende kulture, erfenisgebiede en inheemse modes,” sê me. Maria Ntinda, 'n lektor in rekenaarstudies by Unam.
“Die somerskool sal ondersoek instel na hoe digitale tegnologie gebruik kan word om Afrika-modeontwerpe en kulturele toerisme oor te dra, te bevorder en te bemark. Dit sal 'n perspektief op Namibiese kultuurtoerisme en mode bied.”
Die somerskool sal in Windhoek afskop en daarna in die Noorde op onder meer Ondangwa voortduur. Lesings sal aangebied word en erfenisgebiede sal besoek word.
Formele en informele aktiwiteite wat met kultuurtoerisme en mode verband hou, sal aangebied word.
Die geografiese ligging sal die perfekte omgewing bied waar idees uitgeruil kan word en beide kultuurtoerisme en mode eerstehands ervaar kan word.
Onder meer sal die Namibia Craft Centre, die Owela-museum en die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) in Windhoek besoek word.
'n Span modeontwerpers van die Katutura-modeweek sal ook by die somerskool betrokke wees. In die Noorde sal onder meer die Nakambale-museum, Onandjokwe- mediese museum en Ondangwa-opemark besoek word.
Die doel is om deelnemers aan te moedig om met plaaslike rolspelers in kultuurtoerisme en mode saam te werk.
Die skool sal ook deel wees van die viering van 150 jaar se betrekkinge tussen Namibië en Finland.
Daar is plek vir 30 deelnemers.
Belangstellendes kan hul CV en 'n motiveringsbrief van een bladsy aan [email protected] stuur.
Kostes beloop N$2 500 vir 'n gedeelde kamer en N$3 500 vir 'n enkelkamer.
Dit sluit ook busvervoer, lesings, alle aktwiteite en besoeke aan erfenisgebiede in.
Die somerskool word deur Unam se rekenaarweseskool, die Universiteit van Turku se department van toekomstegnologie, en die Università della Svizzera Italiana in Lugano, Switserland, aangebied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie