Somerraad vir slanggevaar
Bel jou opgeleide slangvanger in jou gebied.
Yolanda Nel
Met die reënseisoen hier is daar ’n toename in slange omdat hulle na kos soek.
Sedert Augustus is reeds sowat 26 slange van eiendomme in Windhoek verwyder. Dit sluit pofadders, swart mambas en ’n luislang in. Data toon meer as 1 000 oproepe oor slange is gedurende die laaste seisoen ontvang.
Terwyl mense slange wil doodmaak om hulself of hul familie te beskerm, is daar ’n ander alternatief. ’n Span opgeleide slangvangers kan alle soorte slange vang en verwyder sou jy een teëkom.
Volgens die slangvanger mnr. Jacobus Henn is daar talle redes hoekom slange in woongebiede voorkom. Die mees algemene rede is omdat hulle op soek na kos is. Hulle kan ook na koeler plekke soek, veral in die somer wanneer dit baie warm is. Gebiede waar slange voorkom, is by huise wat langs ’n veld is, soos in Kleine Kuppe, Ludwigsdorf, Elisenheim en Academia.
“Hou jou erf skoon van rommel omdat dit die slange ’n plek gee om weg te kruip. Wanneer jy ’n slang sien, hou jou kinders en troeteldiere weg van die slang. Moet nooit probeer om die slang self te vang nie, veral as jy nie seker is watter tipe slang dit is. Bel eerder ’n opgeleide slangvanger,” het Henn gesê.
Volgens hom is dit belangrik om die slang dop te hou terwyl jy wag dat die slangvanger opdaag, sodat jy presies weet waar die slang is.
“Moet nie die slang probeer doodmaak nie. As jy by hom kan uitkom, kan hy by jou ook uitkom.”
Hy het gesê hulle ontvang baie oproepe om slange te verwyder, maar nog baie opvoeding is nodig.
“Baie mense maak slange dood of hulle giftig is of nie.”
Nog ’n rede om nie slange net dood te maak nie, is omdat hulle die knaagdierpopulasie soos muise en rotte onder beheer hou.
“Slange word ook gebruik om teengif te maak.”
Hy het bygevoeg daar is nie ’n middel wat slange weghou nie en petrol en olie moet nie gebruik word nie.
“Slange voel bedreig deur enigiets wat te naby aan hulle kom en hulle sal hulself verdedig, so hou ’n veilige afstand.”
“As jy deur ’n spoegkobra in die gesig gespoeg is, moet jy jou oë vir 20 minute onder lopende water uitwas, of met enige vloeistof soos melk of bier en dadelik ’n dokter bel. As iemand deur ’n slang gebyt is, is dit belangrik om die persoon stil te hou. Tree met die naaste hospitaal in verbinding en reël vir ’n noodopname.”
Mense kan ook met mnr. Francois Theart in verbinding tree vir hulp. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie