Sommige Balinese wil nie vlug voor vulkaan
Gebiede is ontruim en vlugte is gister mvir ’n tweede agtereenvolgende dag in Bali gekanselleer uit vrees dat die vulkaan in die Agung-berg nog en groter uitbarstings kan hê.
Byna 30 000 mense het reeds die gebied rondom die berg ontruim sedert die vulkaan Saterdag uitgebars het. Die opdamming van rooiwarm lawa in die krater kan duidelik gesien word en die vulkaan spu as tot bykans drie kilometer die lug in, berig CNN.
Indonesië se nasionale rampbestuurraad het in ’n verklaring op sosiale media gesê tot 100 000 inwoners moet dringend voor die dreigende uitbarsting ontruim word.
“Nie alle inwoners in die gevaarlike radius van die vulkaan wil egter die gebied verlaat nie. Tot nou toe wil baie nog in hul huise bly. Sommige wil agterbly om na hul tuine en hul vee om te sien,” lui die verklaring.
Die owerhede is slaggereed sedert die rookwolke Dinsdag uit die krater begin borrel het. Hulle het die inwoners weer teen “verhoogde vulkaniese aktiwiteite” gewaarsku.
“Die moontlikheid van ’n groter uitbarsting neem toe. Tog is daar geen duidelike inligting oor hoe groot die intensiteit sal wees nie. Dit is byna onmoontlik om te bepaal,” het die rampagentskap gesê.
Arie Ahsanurrohim, woordvoerder van Bali se grootste lughawe, Ngurah Rai, het Dinsdagoggend aangekondig dat die lughawe vir die tweede agtereenvolgende dag gesluit is. Meer as 50 000 plaaslike en internasionale passasiers is reeds sedert die uitbarsting gestrand.
Bali is ’n gewilde toeristebestemming en kry jaarliks meer as ’n miljoen besoekers vanuit Australië en honderdduisende mense uit die ooste, wat China insluit. –Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie