Sommige ECDu2019s ook gesluit
Sommige ECDu2019s ook gesluit

Sommige ECD’s ook gesluit

Jo-Mare Duddy Booysen
Vroeë kinderontwikkelingsentrums (ECD's) op skoolpersele in Namibië is van môre tot 19 Julie gesluit.
Die ministerie van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn sê in ‘n verklaring weens die kommerwekkende toename in Covid-19-gevalle word aangesig-tot-aangesig-onderrig in ECD’s op “formele” skoolgronde tydelik opgeskort. ECD’s sluit dagsorg­sentrums, crèches, kindertuine, kleuterskole en voorskoolse sentrums in.
Alle ander ECD’s in alleenstaande geboue en persele kan soos normal voortgaan tensy hulle sukkel om Covid-19-infeksies te beperk.
Die ministerie is gereed om veral ECD’s in gemeenskappe met persoonlike beskermende toerusting (PPE’s) te ondersteun. Hulle het ‘n beroep op ander belangehebbers in die ECP-sektor gedoen om ook PPE-ondersteuning te verskaf.
Die ministerie het voorts ‘n beroep op alle ouers en ECD-personeel gedoen om teen Covid-19 ingeënt te word.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer