Sommige sportmanne is óf swierbolle óf sissies
Die afgelope opspraakwekkende kriekettoetsreeks tussen Suid-Afrika en Australië waartydens drie Aussies weens balpeutery geskors is, het my weer eens laat wonder waarom sportmanne sulke skandes maak.
Sommige sportmanne val óf in die kategorie van swierbolle as hulle sulke windgat kapokhaantjies is en ander val in die kategorie van sissies as hulle swak verloorders is.
Die hele krieketdrama het my ook lekker laat lag, veral oor karma wat geseëvier het. Ek het lelike Schadenfreude beleef. Eers was die Australiese krietketspelers sulke swierbolle met die voorvalle oor die aanvanklike skorsing van Protea Kagiso Rabada, en daarna het die Ausies soos sissies lang trane gehuil toe hulle vir balpeutery uitgevang is.
Al wat ek vir die Aussies wil sê is man up!
Verlede week lees ek weer oor sportmanne wat skandes maak. Jean Lopez, die ouer broer en afrigter van die tweemalige Olimpiese taekwondo-kampioen Steven Lopez is permanent gediskwalifiseer nadat die U.S. Center for SafeSport hom skuldig bevind het aan seksuele wangedrag, asook seksuele wangedrag teenoor ’n minderjarige.
Drie vroue met wie USA Today onderhoude gevoer het, beweer Lopez se seksuele teistering het reeds in 1997 begin, berig Netwerk24. SafeSport het verklaar die aantal voorvalle wat oor ’n tydperk van jare plaasgevind en deur verskeie partye aangemeld is, asook die talle voorvalle van wangedrag wat aangemeld is deur partye wat nie daarby kon baat nie, dui op ’n duidelike gedragspatroon.
Ek dink mans wat vroue verkrag is groot sissies.
Dan het die omstrede gemengde gevegkuns-kampioen en bokser Conor McGregor van Ierland verlede Donderdagaand skandes in New York gemaak. McGregor is op borgtog van US$50 000 vrygelaat nadat hy en sy gevolg van sowat 20 mense glo 'n bus met vullisdromme en bagasietrollies bestook het.
Ek dink McGregor is 'n kapokhaantjie en ’n hooligan, maar as hy voor my kom staan en vir my vra wat sê jy van my, sal ek ook 'n sissie wees.
Dit was dié naweek die Amerikaanse Meestersgholftoernooi en daar is gehoop Tiger Woods maak by Augusta sy comeback maak, maar hy het ook uit die bus geval. Woods het steeds nie sielkundig van sy skandes herstel nie en kom maar net nie weer op dreef nie.
Weens die kwaai mededinging is sportmanne se ego's dalk baie broos en sielkunde speel 'n baie groot rol in hul prestasie en gedrag - op die sportveld en af van die sportveld af. Elke goeie sportman het beslis 'n goeie sielkundige nodig.
Met die Statebondspele wat tans in Australië aan die gang is, was ek die naweek voor die TV vasgenael om te kyk hoe goeie sportmanne en -vroue senuwees van staal toon. Of 'n sportman nou 'n sissie of 'n swierbol is, hulle verskaf my ure se vermaak op die kassie.
Net soos daai een trefferopskrif in 'n Afrikaanse koerant ná die Aussie-debakel: "My man se balkrappery is my skuld."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie