Son gaan vandag 'stilstaan'
Langste nag, kortste dag
Elvira Hattingh - Vandag om 12:07 sal die son regoor die Kreefskeerkring geleë wees en dus sy noordelikste posisie of verste punt vanaf die suidelike halfrond bereik – wat die wintersonstilstand genoem word.
Afgesien daarvan dat dit beteken vannag sal die langste nag en kortste dag in Namibië wees, dui dit ook die middel van die winterseisoen vir die suidelike halfrond aan.
Die webwerf www.timeanddate.com verduidelik die aarde se Noordpool is nou na die son gedraai, wat beteken die son sal vir 24 uur lank nie ondergaan oor die gebied net suid van die Arktiese sirkel tot by die Noordpool nie.
Tydens hierdie gebeurtenis word daar na die “middernagson” verwys en dit mag voorkom of die son “gaan staan” het.
Die woord “sonstilstand” is inderdaad ook ‘n vertaling van die Latynse woord solstitium, wat beteken “die son kom tot stilstand”.
DIE WETENSKAP
Met die aanvang van die Namibiese winter “beweeg” die son skynbaar in die rigting van die Kreefskeerkring, wat daartoe lei dat dae in die suidelike halfrond al korter raak, word in ‘n artikel op earthsky.org verduidelik. Die teenoorgestelde gebeur in die noordelike halfrond, waar die dae dan al langer word.
Wanneer die son weer na die Steenbokskeerkring “beweeg” en Namibië sy somermaande binnegaan, werk dit andersom en dae in die suidelike halfrond raak langer, terwyl die nagte korter raak.
Wanneer die son sy verste punt Noord of Suid bereik en direk bo een van die keerkringe geleë is, word dit ‘n sonstilstand genoem. Die somersonstilstand vind gewoonlik op 21 Desember plaas.
Die ewenaar vorm die middelpunt van die Kreefskeerkring en die Steenbokskeerkring. Wanneer die son regoor die ewenaar geleë is, word dit die dag-en-nag-ewening genoem, wat beteken dag en nag is oral op aarde ewe lank. Dit vind in Maart en September plaas.
Van die aarde af lyk die son hoër in die lug in die somer. As die son hoër deur die lug beweeg, het dit ‘n langer pad om te voltooi, wat beteken die dae in die somer is langer as in die winter.
Sonstilstande word oraloor die wêreld deur verskeie kulture gevier.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie