Sondag is dit sulke tyd
Sondag is dit sulke tyd

Sondag is dit sulke tyd

Tanja Bause
Namibiërs moet onthou om hul horlosies Sondag om 02:00 weer een uur vorentoe te stel en sodoende weer met “somertyd” te begin.

Die minister van binnelandse sake en immigrasie, me. Pendukeni Iivula-Ithana, het in Februarie vanjaar ‘n wetsontwerp aan die Nasionale Vergadering (NV) voorgelê waarin Namibië terugkeer na een standaardtyd en dus weggedoen word met verskillende winter- en somertye.

Die standaardtyd sal twee ure voor Greenwich-mediaantyd (GMT) wees.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer