Sonder 'n das
Iewers verlede week sit ek voor my rekenaar. Woeps! Hier kom 'n e-pos in. Die Franse ambassade wil vir my iets sê. Ek ken niemand van Frankryk nie. Ek wens ek het, maar nou dink ek eers bietjie, wat kan dit wees?
Ek's effens bang om die e-pos oop te maak. Netnou soek hulle my vir iets wat ek verlede jaar onder die Eiffel Tower, in Champs Élysées of voor die Louvre gedoen het. Ek is gewoonlik nie baie verantwoordelik tydens my oorsese reise nie.
So, die moontlikheid dat ek gesoek word, is daar.
Maar toe dink ek aan my opvoeding en alles wat my ma vir ons so mooi geleer het. En in daai oomblik besef ek: dit kan net goeie nuus wees. Ek stop onmiddellik waarmee ek besig is en maak die e-pos oop. Boaan staan iets in Frans. Dit lyk soos 'n kreet wat hulle in die revolusie gegil het. Ek lees verder. Nóg Frans. Weer die kreet. Bietjie Engels. Laaste Frans, en toe my naam.
“The French ambassador has invited you to an exclusive seated French dinner at her residence."
Ek sluk my hele kleintongetjie in, snak na asem en lees weer. Ek? Franse Ambassade? Formele ete? By haar huis? Kan nie wees nie. Hulle maak 'n fout. Ek besit nie 'n das nie.
Ek was 10 jaar laas in 'n pak. En toe lyk ek soos 'n hotdog wat met 'n swemkeps oorgetrek is. Ek moet hulle net laat weet dat hulle per ongeluk die e-pos aan die verkeerde persoon gestuur het. Dit moet 'n ander Lloyd wees. Ek skryf terug. Wraggies, ek was verkeerd. Ek is die regte persoon. En hulle sal dit baie waardeer as ek die ete kan bywoon.
Die Franse ambassadeur het net 'n paar uitsonderlike persoonlikhede uitgenooi en dit sal goed wees as ek so gou moontlik kan laat weet of ek die geleentheid gaan bywoon of nie.
Regtig? Is dit nog vraag? Ek hardloop van my lessenaar af, deur die res van die redaksie, oor gister se koerante en môre se nuus, tot voor my kollega se lessenaar.
"Is jy oraait?” vra sy.
Rooi wange, sweterige hande en al breek ek die nuus aan haar.
“Nee," sê sy, “dit klink verdag, is jy seker?”
“Ja,” sê ek, “hulle het gesê ek is 'n persoonlikheid.”
“En die Franse tannie is baie opgewonde om my te onthaal.”
Sy vra: “Kan jy Frans praat?”
“Nee," sê ek, “net as ek kwaad is."
Sy sê: “Jy sal vir jou moet skeer, dit klink na deftige aangeleentheid.”
Ek draf terug na my lessenaar en laat weet die ambassade dat ek eintlik baie besig is, maar ek sal probeer tyd maak vir die affêre. Hulle mag nie weet dat ek eintlik alles in my vermoë sal doen om dit nié te mis nie.
Onthou, ons is nooit desperaat nie. Of ons wys dit nie.
So is dit tyd en ek is op pad, hier oor, na die ambassade se huisie.
Ek kan my opwinding nie beskryf nie. Ek stop voor die huis. Spuit vir my nog 'n loopdop in my nek en op my polse. Trek my hare reg. By die ingang staan 'n kort, koddige, dame met sponskoekhare en papierdun wenkbroue.
Dit lyk of sy die boeke by 'n take away doen.
Langs haar staan 'n man met 'n silwer skinkbord waarop daar 'n klomp sjampanjeglase rus.
Hy gee vir my 'n glasie sjampanje en Take-Away knip vir my oog.
Ek loop deur die hekke tot in die ambassadeur se huis.
Dit is "beautiful".
Stuk-stuk daag die ander gaste op.
En toe vra Take-Away dat ons asseblief ons plekke moet inneem, want die program gaan begin.
Met dié kom sit 'n paartjie skuins oorkant my.
Ek hoor die dame sê iets vir haar man in Afrikaans.
Ek dink, lieflik. Nou kan ek ten minste met iemand gesels. Ek stel myself voor en ons drink nog 'n glas sjampanje.
Later die aand vra die vrou waar is my das.
“Ek besit nie een nie. Ek vermoed dit was my persoonlikheid wat my hier ingekry het."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie