Song Night weer in Windhoek
Windhoek kan weer na die immergewilde Windhoek Song Night uitsien.
Dit sal van Februarie af elke tweede maand plaasvind. Ná Februarie se geleentheid, sal dit ook in April, Junie, Augustus en Oktober aangebied word.
Imagine Games Café, voorheen bekend as La Brocante, is Song Night se nuwe venue wat in Macadamstraat, in die Grüne Kranz-kompleks geleë is.
Aspirantsangers kan uistien na oudisies, repetisies en optredes by Song Night se nuwe tuiste, waar nuwe talent altyd ondersteun word.
FNB Namibia ondersteun Song Night vanjaar weer as hoofborg.
Met 'n borgskap van N$70 000 sal Song Night sy mandaat om die Namibiese musiekbedryf te ondersteun en bevorder, ten volle nakom - of dit nou is om nuwe Namibiese stemme te ontwikkel of om sake-advies te deel sodat sangers loopbane uit musiek kan maak.
Song Night is 'n gratis platform wat Namibiese sangers al sedert April 2011 ontwikkel.
Dit word as revolusionêr beskou omdat dit gratis is en sangers van dwarsoor die land die geleentheid bied om oudisies af te lê en mentorskapprogramme te voltooi.
Oudisies vind op Woensdag 7 Februarie om 18:00 by Imagine Games Café plaas.
Belangstellendes moet twee akapella-liedjies voorberei of 'n begeleier op akoestiese kitaar of klawerbord saambring.
Instrumente word deur Song Night verskaf.
Geen back tracks word toegelaat nie.
Let wel, Song Night is nie 'n kompetisie nie. Vir meer inligting, besoek hul Facebook-blad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie