Sonstad lok beste ritmiese voete
Sonstad lok beste ritmiese voete

Sonstad lok beste ritmiese voete

Danssport
Tielman van Lill
Nege van die Dance Domain ateljee in Windhoek se voorste dansers is op reis om vanaf Donderdag tot Sater­dag by die Rumba in the Jungle-­kompetisie in Suid-Afrika in aksie wees.

Sun City in die Noordwes-provinsie (Bokone Bophirima) sal meer as 3 000 deelnemers van Botswana, Lesotho, Namibië, Suid-Afrika, Swaziland en Zimbabwe ontvang, terwyl dansers van Asië, die Amerikas en Europa ook 'n draai kan kom maak.

Rumba in the Jungle bied 'n ver­skeidenheid danskodes aan wat tradisionele Afrika-danse, Latyns-Amerikaanse asook baldans insluit. Die toernooi maak vir 'n verskeidenheid ouderdomsgroepe voorsiening en selfs kinders jonger as ses kan deelneem terwyl die seniors (ouer as 36 jaar) ook welkom is.

Die deelnemers se vertonings word deur 'n gesoute paneel internasionale beoordelaars opgeweeg. Daar word van ses plaaslike en ses internasionale beoordelaars gebruik gemaak wat gewoonlik van lande soos Amerika, Brittanje, Denemarke, Duitsland, Finland, Italië, Japan, Nederland, Oostenryk of Suid-Afrika afkomstig is. Slypsessies en werkskole word gratis tydens die kompetisie aan deelnemers gegee.

Die Namibiese dansers is ­Christelle van der Merwe, Christie Mostert, Bertie van der Merwe, Gerschwin Hamunyela, Shaniqua Hein, Luca Coffee, Megan Langford, Nadine Birch en Jaun-Mari Sternagel.

Dance Domain bedank Investment Corporation, BDO Namibia, Star Body Works, The Market Place, Le Dash Nail & Beauty Salon asook Immie Sternagel wat as borge die dansers se deelname moontlik maak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!