Sonvanger
Dié foto van die Internasionale Ruimtestasie (ISS) wat voor die son verbybeweeg was gister die Amerikaanse Ruimteagentskap (Nasa) se Sterrekundige Foto van die Dag (Apod). Nasa het verduidelik die ruimtestasie is gewoonlik slegs vóór sonsopkoms of ná sononder sigbaar. Andersins kan die ISS net gesien word as dit reg voor die son verbybeweeg. Dit gebeur egter só vinnig dat slegs spesiale kameras dit kan afneem. Die foto is 'n samestelling van 'n reeks foto's wat 'n maand gelede van Santa Fe in Argentinië af geneem is. Die son is ook op sy eie afgeneem en dié foto vorm ook deel van die saamgestelde foto. Dit wys die son het tans geen vlekke nie. Sonaktiwiteit het onlangs 'n ongewone laagtepunt bereik. Dienooreenkomstig het dit bykans die hele jaar nog geen sonvlekke getoon nie, het Nasa verduidelik. Foto Eduardo Schaberger Poupeau
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie