Soos bitcoin styg, stel Luno meer mense aan
Die prys van bitcoin het die naweek sy hoogste vlak in meer as ’n jaar bereik.
Petrus Malherbe – Die plaaslike verhandelingsplatform Luno, waarin Naspers ’n paar jaar gelede ruimskoots belê het, wil voor die einde van die jaar nóg 150 mense in diens neem.
Dit terwyl die prys van digitale geld die laaste paar weke die hoogte inskiet.
Die meeste van die nuwe aanstellings is by sy kantoor in Kaapstad, vanwaar die werksaamhede van al sy satellietkantore wêreldwyd bestuur word, sê Marius Reitz, hoof van Luno in Afrika. Dit sal Luno se wêreldwye personeel op meer as 400 mense te staan bring.
Luno se hoofkantoor is in Londen.
Naspers het in 2015 $3 miljoen in Luno belê en besit ’n minderheidsaandeel.
Volgens Reitz wil die maatskappy “verskeie belangrike rolle” binne die volgende maande vul, waaronder programmeerders, ingenieurs en voldoeningsbeamptes.
Luno is reeds ’n geruime tyd Suid-Afrika se grootste verhandelingsplatform vir bitcoin en ethereum. Die maatskappy het ook kantore in verskeie oorsese lande en beplan om binne die komende maande aggressief na die res van Afrika uit te brei.
Die prys van bitcoin skiet ook die afgelope paar weke die hoogte in en het oor die naweek sy hoogste vlak in meer as ’n jaar bereik.
Volgens Reitz is die groei en momentum wat die bedryf ervaar, goeie nuus vir Luno wat betref sy soeke na talentvolle mense om in diens te neem.
Die vraag na digitale geld kweek belangstelling by ’n verskeidenheid van beroepslui wat graag by ondernemings soos Luno betrokke wil raak, sê Reitz.
“Ons sien dit nie net in Silicon Valley in Amerika of in Londen nie, maar ook in Suid-Afrika, waar van die beste programmeerders, ingenieurs, rekenmeesters en regslui by Luno wil aansluit of belangstelling toon in wat ons doen.”
Luno is ses jaar gelede gestig en het reeds meer as 2,7 miljoen gebruikers wat digitale geld daarop koop en verkoop.
Naas Naspers het die Europese waagkapitaalbelegger Balderton Capital en die beleggingsarm van Rand Merchant Investment Holdings in Luno belê.
Naspers het by navraag gesê hoewel hy nog geen opbrengs uit sy belegging gesien het nie, glo hy in die voordele van digitale geld as ’n manier om waarde oor te dra.
Die maatskappy sê hy is ook opgewonde om deur middel van sy filiaal PayU en ander rolspelers by Facebook se nuwe kriptogeld, die libra, betrokke te wees.
Dié digitale geldeenheid word na verwagting aanstaande jaar bekend gestel en sal onder meer betalings regstreeks op Facebook se platforms, waaronder WhatsApp en Instagram, moontlik maak.
Naspers wil in dié stadium nie spekuleer of hy binnekort nog in die kriptobedryf gaan belê nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie