Soos die dag van gister
Sanet Pearson - Ek kan nie glo die vakansie is al verby nie. Ek begin rêrig glo hoe ouer jy raak, hoe vinniger gaan die tyd verby. Of dit het dalk te doen met wanneer jy jouself geniet, gaan die tyd ook vinniger verby. Of miskien is dit ’n bietjie van al twee.
Die vakansie sit ek en my ma en gesels oor die goeie ou dae toe ek en my susters nog klein was en my pa nog geleef het. Ons het goeie tye in Johannesburg gehad.
Ek en my susters is daar gebore en het die meeste van ons skooljare daar voltooi. Ons het toe ek gebore is in Willowviewstraat gebly.
Ek onthou nog die groot grasperk waarop ons gespeel het, die swembad waarin my pa ons geleer swem het met ’n tou om die lyf en hoe ons hare groen geword het van die chloor, die groot trampolien waar ons eindelose somersaults en backflips gemaak het, en die houtpophuis wat my pa met teer behandel het, toe ruik al ons speelgoed daarna.
Nog ’n herinnering wat uitstaan, is die groot kumkwatboom waaronder die pophuis gestaan het. Ek dink nou daaraan, ná ons getrek het, het ek nog nooit weer kumkwats geëet nie. Nou laat dit my ook terugdink aan die vyeboom wat my Ouma Brixton in haar erf gehad het. Dit was die lekkerste vye wat ek nog geëet het.
En my pa wat, nog voor hy my ouma behoorlik gegroet het, die spens invaar. Daar was altyd die lekkerste tuisgemaakte eetgoedjies. Of die dag toe ek gebore is wat al my hospitaalgoedjies uit die huis gesteel is. Ja, dit het daardie tye ook gebeur. Of die tye wat ons ál die pad met ’n metaalgrys Chevrolet en ’n Gypsey 5-karavaan Strand toe gery het vir vakansie. Ek hoef seker nie daaroor uit te brei nie.
Al wat ek sal sê, is die vakansies was lekker gewees, maar die ryery nie. My pa kry toe ’n wonderlike werksgeleentheid in Newcastle in KwaZulu-Natal en ons trek toe soontoe. Daar het ons ook goeie tye gehad en dit is hier waar ek my skoolloopbaan voltooi het.
Die mense en die dorp was so anders as Johannesburg, dit was nie moeilik om verlief te raak op die dorp en sy mense nie. My een suster was toe al op universiteit en die ander een was so twee jaar voor my. Tot vandag toe sal hulle skertsend skimp dat ek voorgetrek was, net omdat ek die jongste is. Ons jongstes sal seker nooit daardie argument wen nie. Ek het baie herinneringe van dié dorp.
Byvoorbeeld die dag toe ek ’n scooter gekry het en ek die eerste keer amper in ’n muur vasgery het. Of toe ek vir my bestuurderslisensie gegaan het. Ek was so op my senuwees dat ek net voor die einde van die toets voor ’n kar ingery het. Ek het hom nie eers gesien nie.
Met die dat ek my kop heen en weer gedraai het om in al die speëltjies en blind spots te kyk, het ek nooit werklik iets raakgesien nie, Ek het deur die regte motions gegaan, maar nooit geregistreer wat om my aangaan nie. Nodeloos om te sê, het ek 100% gedruip. Die tweede keer het dit baie beter gegaan.
Newcastle is nie so ver van die Drakensberge af nie en is so drie ure van die Suidkus af. Dit het beteken dat ons lekker vakansies by die see gehou het en baie koue, sneeubedekte naweke in die Drakensberge geniet het. Ek dink partykeer ’n mens moet net gaan stilsit en terugdink aan jou kinderdae. Dit is sielsverkwikkend.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie