Soos ’n sot op droë grond
Karin Eloff - Okay, so Spruit is nou in die hoërskool.
En die eerste ding wat met mens gebeur in die hoërskool, is jy word ontgroen, of soos julle Nambiërs dit noem, “gesot”.
Spruit moan al van laas jaar af sy wil nie gesot word nie en sy is nog nooit in haar lewe ’n sot genoem nie en wat ís ’n sot nou eintlik?
Maar soos die noodlot dit toe nou wou hê, het Spruit graad 7 ongelukkig met volle erekleure deurgekom en word sy toe nou noodgedwonge na graad 8 bevorder.
Met die eerste dag van die gesottery skrik ek sommer heelwat groter as Spruit.
Met haar tuisgemaakte duikpakkie, visstok, vis, paddavoete en suurstoftenk, is sy só gestres sy wil opgooi. En ek wil net weet of Namibië ’n Human Rights Commission het. Watse Middeleeuse tjorts is dit dié? Hoekom moet my kind aan die genade van hartelose boelies wat vyf keer groter as sy is, oorgelaat word? Ek kan mos sien hoe lus is hulle om hul issues op onskuldige spruitjies uit te haal. En moenie dink ek sien nie wat boonop in julle hormoonbenewelde gedagtes afspeel nie, kêrels.
Spruit hou egter haar pose en sit haar beste poker face op. Dag een gaan goed. Nag een gaan nie goed nie. Die trane rol. Sy’s ’n wrak en sy verstaan nie wat sy verkeerd gedoen het dat sy nou so verneder moet word nie. Ná dag twee lig die gemoed egter tot so ’n mate dat die winde van woede skoon uit my seile is. Spruit sê sy het lekker vir haarself gelag. Wát?! Ek val van my stoel af.
Die “boelies” is toe eintlik nogal nice, sê sy. Ons moes teen mure vasplak, op die bakstene swem, begrafnis hou, vir die seniors blaf, seniors vra om te dans of trou en klippe met ons neuse rondstoot. Haar broek is geskeur, haar neus is rooi, sy wil heeltyd opgooi en haar knieë is blou, maar die lewe is ’n lied. Dag twee was goed. Nag twee nie so goed nie. Die trane rol weer. Uitputting.
Toe volg die sottekamp. Die ouers mag nie weet waar hul kinders is nie. Ek bid weer vir ’n Human Rights Commission. Ek probeer my bes om die leerlingraad te vertrou – hulle’s 18 en feitlik grootmense, gee hulle ’n break, dink ek. Of nié, dink ek.
Kort-kort kry ons foto’s per WhatsApp van die kamp af. Hulle word gespeech (lekker gebrainwash, dink ek), hulle stap tot ná middernag agter mekaar se stofwolke aan, hulle slaap op die godverlate sand en hulle moet hul eie kos maak. Op een foto staan my kind maer en verwese, soos ’n konsentrasiekampkindjie in die boere-oorlog. Almal glimlag breed op die foto’s, maar ek’s seker dis omdat hulle gedreig word.
Spruit kom die Sondag tuis en die eerste ding wat sy sê, is sy dink sy is nou unembarrassable. Sy't haar naam op verskeie maniere vergat, sê sy. Daar’s altyd nóg maniere oor, sê ek. Vier ure later stem sy saam - eintlik embarrass alles en almal haar - veral haar ma. Later vertel sy die vorige dag was die lekkerste in haar lewe. Ek val weer van my stoel af. Ek proes in my whiskey. Ek verstaan steeds nie lekker hoekom nie, maar dis seker okay, want ouers verstaan mos anyway niks nie.
Die dag ná die kamp kan sy nie skool toe nie, want haar gesprekke met die groot, wit stuurwiel is net té diep en té intens.
Sy vertel my hoe nice van die matrieks eintlik is. Die hormoonbomboelies is toe actually ook mense. Régtig. Hulle kan ook moeg en honger raak. Hulle het ook gevoelens. Hulle kan ook huil. Hulle het ook issues en hulle haat ook huiswerk. Ek val wéér van my stoel af.
So wat probeer ek sê? Ontgroening is wel Middeleeus en army-agtig, maar die geleenthede om empatie, humor, humor en humor daaruit te leer, is legio.
En dalk moet ek ook ophou om mense en dinge op hul “Middeleeuse”, “army-agtige” baadjies te takseer.
As ’n sot dit kan doen, wie’s ek om te oordeel?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie