Sop vir Mandume se kinders
Die Maltasklub Namibië en Dinapama Manufacturing and Supplies het 'n sopkombuis vir die 40 kinders van die Mandume-kleuterskool in Okahandjapark in Windhoek aangebied. Sedert die ontstaan van die Maltasklub nege jaar gelede het studente van verskeie universiteite in Namibië landswyd aan verskeie liefdadigheidsprojekte deelgeneem. Die Maltasklub en Dinapama het in 2017 'n unieke projek van stapel gestuur waar kos, sakke en onderrigmateriaal aan die kinders van Mandume geskenk word. Die doel van die projek is om die kinders liefde en versorging te bied, om 'n gemeenskapsgevoel te skep en om te verseker daar word tot die welstand van 'n Namibiese kind bygedra.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie