Sopnat Paasnaweek vir Namibië
'n Weerwaak is uitgereik met wydverspreide donderbuie wat oor die sentrale Noorde, die Noordweste en plek-plek in die ||Kharasstreek verwag word.
Francoise Steynberg
Namibiërs kan 'n sopnat Paasnaweek beleef en reën kan in dele van die Suide verligting vir die versengende droogte bring.
Die Namibiese meteorologiese diens het in 'n weerwaak gewaarsku teen swaar reënval met wydverspreide donderbuie wat oor die sentrale Noorde verwag word, asook oor die Noordweste en plek-plek in die ||Kharasstreek.
In die verre Ooste sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met geïsoleerde tot verspreide donderbuie wat voorspel word. Selfs die kus kan buie en donderbuie verwag waar dit koel tot warm en gedeeltelik bewolk sal wees.
Volgens die Namibiese hidrologiese dienste het swaar reën in suidelike Angola die afgelope dae voorgekom met die Angolese waterowerheid en rampbestuur wat dit bevestig het.
“Die vloed het reeds die Evale-nedersetting verbygesteek en is nou op pad na Ondjiva. Met 'n kombinasie van die onlangse goeie reëns word 'n verhoging van die watervlak in die Cuvelai-opvangsgebied verwag,” sê die Namibiese hidrologiese dienste.
'n Waarskuwing is uitgereik dat inwoners in die Cuvelai-rivieropvangsgebied hulself op die jaarlikse efundja moet voorberei.
“Die vloei in die Cuvelai-oshanas het gestabiliseer, maar nuwe vloede word verwag met watervlakke wat kan styg. Inwoners in die Zambezistreek, die Cuvelai-Etosha-opvangsgebied en gemeenskappe in hierdie vloedgeteisterde gebiede moet die nodige voorsorgmaatreëls tref,” maan die hidrologiese dienste.
Die Zambezirivier se vlak by Katima Mulilo styg steeds en het gister 6,02 meter diep gestaan.
“Watervlakke in die vloedvlaktes oos van Ngoma is ook besig om te styg met die vloedwaters wat in volle sterkte in die Choberivier by die Ngoma-hek vloei,” sê die hidrologiese dienste.
Die Choberivier het gister by die Ngoma-hek 3,58 meter diep gemeet teenoor die ooreenstemmende tydperk verlede jaar wat dit maar 1,29 meter diep was.
Die vlak van die Kavangorivier by Nkurenkuru het gister 3,1 meter diep gemeet, terwyl dit nog styg by Rundu en op 5,65 meter staan.
Op Okonjima Lodge naby Otjiwarongo het in 24 uur 150 mm uitgesak en die riviere loop. Op die Facebook-blad “Reën in Namibia” het Gerhard Spangenberg gesê die Hochfeld-omgewing het Maandag 100 mm reën gekry: “Die reënmeters loop oor, so dankbaar.”
Natasha Binneman het berig gisteroggend het die rivier by die eerste brug op die pad tussen Otjiwarongo en Kalkfeld sterk geloop. Hester van der Merwe spog met pragfoto's van die Okaukeujo-watergat in die Etosha Nasionale Park wat propvol water is en het gesê: “Etosha is op die oomblik lowergroen, vol water en so mooi soos ons dit nog nooit gesien het nie. Ons harte juig oor die milde reën.”
Karen Schmidt sê op die plaas Ombú in die Erongoberge is 20 mm gister uit reënmeters gegooi en Bobby Griebel sê op Omaruru is 8 mm gemeet.
Die damvlakke soos Maandag gemeet in vergelyking met verlede jaar se vlakke in dieselfde tydperk staan op: Von Bach 51,9% (57,3%), Swakoppoort 37,4% (35,3%), Omatako 4,5% (58,9%), Hardap 46,9% (71,2%), Naute 70,6% (99,6%) en Oanob 66,8% (89,9%).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie