Sorg vir jou liggaam
Jou liggaam is soos ’n entiteit wat op ’n komplekse manier deur die Skepper ontwerp is. Elke orgaan en elke stelsel in die liggaam is perfek saamgestel om verskillende doele te dien.
Dit is belangrik om na jou liggaam om te sien, want as jy dit nie doen nie, kan dit baie skade berokken.
Daar is verskillende maniere hoe jy jou liggaam kan versorg. Die voedingstowwe wat jou liggaam ontvang, kan noodsaaklik wees om te verseker dat al die verskillende komponente van die liggaam die regte energie en vloeistowwe inkry om optimaal te funksioneer.
Kenners het oor die jare beklemtoon dat ’n gebalanseerde dieet belangrik is om ’n gesonde liggaam te handhaaf.
As jy seker maak dat jy die regte hoeveelhede proteïen, koolhidrate, vette en vitamiene eet, kan dit die liggaam die kans gee om optimaal te funksioneer.
Die liggaam het ensieme wat oorweldig kan raak as hulle te veel kos gelyktydig moet afbreek.
Hierbenewens produseer die liggaam ook verskillende hormone soos serotonien, dopamien en oksitosien, wat belangrik is om te verseker dat jy ’n gelukkige mens is.
As jy die verkeerde (ongesonde) kosse eet, kan dit egter verhoed dat jou liggaam hierdie hormone in die regte hoeveelhede produseer.
Water is ook noodsaaklik om te verseker al jou organe ontvang die regte vloeistowwe wat noodsaaklik is om op ’n optimale vlak te funksioneer.
Oefening is een van die mees doeltreffende maniere om na jou liggaam om te sien.
Of dit nou net ’n aktiwiteit is waarvan jy hou, soos om sokker te speel, te draf of bloot te stap – al hierdie soorte oefenroetines kan jou fiks hou. Dit verseker dat jou brein optimaal funksioneer, want oefening is ook belangrik vir jou sielkundige welstand.
Slaap se invloed word dikwels onderskat, aangesien ons onsself soms tot laataand aan werk en televisieprogramme oorgee. Te min slaap is nie gesond nie. Ons moet seker maak ons slaap minstens agt ure per dag om te verseker dat ons breine optimaal funksioneer.
As jou brein optimaal funksioneer, beïnvloed dit ook die werking van jou liggaam. As jy goed uitgerus is, voel jy nie onnodig uitgeput en geïrriteerd nie en jy sal ook beter deur die dag kan konsentreer. Dit beïnvloed die prestasievlakke van al jou daaglikse aktiwiteite.
Die verstand is die poort van die siel. Wees bedag waarna jy daagliks luister asook waarna jy kyk, want dit kan jou denke beïnvloed.
Omring jouself met positiwiteit en sorg dat jy die regte kos, oefening en slaap kry wat jou liggaam verdien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie