Sosiale media: u2018Meisies moet beskerm wordu2019
Sosiale media: u2018Meisies moet beskerm wordu2019

Sosiale media: ‘Meisies moet beskerm word’

Die ministerie sê die regte manier om sosiale media te reguleer, moet nog binne bestaande wette geïdentifiseer word.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Minister Stanley Simataa sê die regering se planne om sosiale media te reguleer, sal fokus op diegene wat skadelike inhoud publiseer, wat jong meisies kan aanmoedig om swanger te raak.

“Die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie, tesame met rolspelers, sal kyk na bestaande wette en of dit voldoende is om die misbruik van sosiale media aan te spreek,” sê hy.

“Die bedoeling is nie om almal te beheer nie, maar om seker te maak Namibië het voldoende regsmiddels in plek. Ek wil dus nie koerantopskrifte sien wat sê die regering gaan nou sosiale media reguleer nie,” het hy gesê.

Simataa het Donderdag tydens ’n nuuskonferensie terugvoering oor verskeie kabinetsbesluite gegee, wat insluit dat die kabinet sy ministerie gelas het om “die gebruik van sosiale media te reguleer omdat dit gebruik word om jongmense aan te moedig om swanger te raak”.

Die kabinetsbesluit kom ná ’n hoëvlakvergadering deur die geslagsadvieskomitee op November 2018.

Hy sê die regte manier om dit te doen, moet nog binne bestaande wette en die Grondwet geïdentifiseer word.

Simataa sê dit is ’n verantwoordelike regering se plig om kwesbare lede van die samelewing te beskerm, “en meisies is baie kwesbaar”.

Meisies se toegang tot sanitêre produkte moet gewaarborg word, het die kabinet gelas en opdrag aan die ministeries van finansies, geslagsgelykheid en kinderwelsyn, onderwys, kuns en kultuur asook die nasionale beplanningskommissie gegee om te ondersoek hoe dit gedoen kan word.

Die kabinet steun ook die beoogde nasionale raamwerk vir die ekonomiese bemagtiging van vroue, maar sê dit moet die bestaande verkrygingswet asook die nuwe raamwerk vir gelyke ekonomiese bemagtiging (NEEEF) komplementeer.

Die kabinet het ook gelas die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking moet ’n samewerkingsooreenkoms met Tanzanië onderteken.

Militêre samewerking, asook samewerking met betrekking tot immigrasie-, ekonomiese, onderwys-, mynbou- en landboukwessies met dié land sal oorweeg word.

Die kabinet sê hy neem kennis van uitdagings in die plaaslike pluimveebedryf wat veroorsaak word deur die instroom van ingevoerde pluimveeprodukte, en het die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling gelas om saam met die ministeries van finansies, landbou en die beplanningskommissie die Namibiese Pluimveemeesterplan te finaliseer.

Dít sodat dit aan die kabinet voorgelê kan word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!