Sosiale media speel rol in onwettige wildhandel
Sosiale media speel rol in onwettige wildhandel

Sosiale media speel rol in onwettige wildhandel

Die Jagluiperdbewaringsfonds het navorsing oor internet­advertensies vir die verkoop van bedreigde spesies gedoen.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Jagluiperds te koop word wyd en syd op sosiale media geadverteer.

Altesaam 1 367 jagluiperds is in 906 advertensies in ses jaar te koop aangebied.

Dít is die bevinding van 'n data-analise wat die Jagluiperdbewaringsfonds (CCF) tussen Januarie 2012 en Junie 2018 gedoen het.

“Dit is sowat een vyfde (20%) van die wêreld se oorblywende wilde jag­luiperdbevolking. Jagluiperd­getalle is besig om erg te daal - van 'n ­beraamde 100 000 jagluiperds 'n eeu gelede tot minder as 7 500 vandag,” lui 'n ­mediaverklaring van CCF.

Jagluiperds is onder “Appendix I” van die Konvensie in die Handel op Bedreigde Spesies (Cites) gelys.

Dit beteken handel in jagluiperds wat in die wildernis gebore is, is slegs op buitengewone omstandighede ­toelaatbaar. Volgens die CCF is die sosiale­mediaplatforms wat die meeste gebruik word Instagram, 4Sale ('n mobiele toep) en YouTube. “Altesaam 15 lande is betrokke in onwettige wildhandel met 90% van die advertensies in die Golfstate. Saoedi-Arabië is 'n groot sondaar wat 60% van die ­advertensies vir luiperds geplaas het,” sê CCF.

Die analise het op drie topverkopers gefokus wat almal in Saoedi-Arabië gesetel is en 20% van al die advertensies op sosiale media geplaas het.

“Een van dié verkopers het 12% van die advertensies geplaas en het 'n verskeidenheid spesies aangebied soos onder meer leeus, tiere, jaguars, wolwe, langarmape en sjimpansees,” sê die CCF.

“Die onwettige handel in lewende jagluiperds het meestal 'n impak op die kleiner gefragmenteerde bevolkings in Oos-Afrika.

Regerings sal gesamentlike pogings moet aanwend om nie net beslag op die diere te lê nie, maar ook groot bewusmakingsveldtogte van stapel te stuur om die aanvraag na bedreigde spesies as troeteldiere te verminder,” het dr. Laurie Marker, stigter en uitvoerende direkteur van die CCF, gesê.

“Die reeds weerlose jagluiperdbevolking, veral dié in Ethiopië en Somalië, is reeds in gevaar om uitgewis te word weens stropery en onwettige handel om as troeteldiere aan­gehou te word”.

CCF beraam dat sowat 300 jagluiperds per jaar uit Oos-Afrika gesmokkel en na die Midde-Ooste verskeep word.

“Die CCF het 'n veilige hawe in Hargeisa, die Somaliese hoofstad, waar 'n span na 11 jagluiperds omsien waarop beslag gelê is. Een van die jongstes is dood 'n paar dae daarna”, het me. Patricia Tricorache, die CCF se ­assistent-direkteur van onwettige wildhandel, gesê.

Die CCF is sedert 2005 besig om stropery en wildsmokkel te bekamp.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!