Sossusvlei 'n sprokie
Ná die naweek se reën aan die kus en die westelike binneland tot by Windhoek sê Anette Steyn, wat dié pragfoto's Saterdagoggend geneem het: "Ek is al weer voorgetrek. My vinnige daguitstappie Sossusvlei toe het in 'n sprokie ontaard toe 'n bui reën tussen Duin 45 en die 2x4-parkeergebied by die Tsauchabrivier die sand in volle vloed tref. Ek het al duisende foto's hier geneem, maar nog nooit die woestyn so mooi gesien nie. Vir die besoekers wat 'n spierwit Dooievlei verwag het, voel ek jammer, want dié keer was hy vaalbruin. Dit is die een dag wat die res van Sossusvlei Dooievlei oortref het." Lees ook op bl. 4 die berig waarin die wateringenieur mnr. Gys Burger meer as 'n eeu se reënvalsyfers oor laatreëns in Mei en Junie verskaf.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie