Sotutu in All Black-beginspan; Rennie kies groentjies
Rugby
Die losvoorspeler Hoskins Sotutu is een van drie veranderinge aan die All Blacks se beginspan vir Saterdag se Bledisloebeker-kragmeting teen Australië in Sydney.
Sotutu (22) kry sy eerste geleentheid in die beginspan, in die plek van Ardie Savea wat in Nieu-Seeland agtergebly het vir die geboorte van sy tweede kind.
Karl Tu’inukuafe vervang Joe Moody in die voorry, terwyl die ervare slot Sam Whitelock in Tupou Vaa’i se plek gekies is.
Moody het las van harsingskudding gehad ná die All Blacks se laaste wedstryd teen die Aussies op Eden Park in Auckland. Ook Whitelock maak sy terugkeer ná harsingskudding – wat hy in die eerste wedstryd in Wellington opgedoen het.
Sotutu het in die eerste twee toetse as plaasvervanger diens gedoen, en Ian Foster, afrigter van die All Blacks, sê hy verdien dit om in die beginspan te wees. Die kragmeting is ook die eerste van die Drienasiesreeks.
“Ek is regtig tevrede met sy bydrae. Hy is ’n agtsteman wat ons die afgelope jaar fyn dopgehou het,” sê Foster.
“Ons is opgewonde oor sy werkstempo. Hy is duidelik kalm en hou daarvan om sy vaardighede uit te stal en ek kan nie wag om hom op die groot verhoog te sien nie.”
Foster het ook drie veranderinge op die plaasvervangersbank gemaak. Ngani Laumape maak sy terugkeer nadat sy arm gebreek was en die stut Tyrel Lomax vervang vir Nepo Laulala wat ook op vaderskapsverlof is. Dan maak Rieko Ioane ook sy terugkeer nadat hy op die nippertjie aan die laaste wedstryd onttrek is.
AUSSIES
Intussen het die Wallabies se afrigter, Dave Rennie, vier spelers sonder toetservaring in sy 23-tal ingesluit.
Noah Lolesio (losskakel) en Irae Simone (senter) bevind hulself in die opdrafspan, terwyl Fraser McReight en Tate McDermott op die plaasvervangersbank ingesluit is.
Lolesio en Simone vervang onderskeidelik die beseerde James O’Connor en Matt Toomua.
“Dit is opwindend vir ons. Ons het jong spelers wat getoets word en baie leer. Maar daar is geen rede wanneer ons uitgaan en ons beste lewer dat ons nie die naweek kan wen nie,” sê Rennie.
Jordan Petaia sal saam met Simone die middelveld beman, nadat laasgenoemde in Auckland ’n plaasvervanger was. Die ervare Dane Haylett-Petty sal die nr. 15-trui dra, met Tom Banks wat sy plek in die 23-tal kwyt is.
Voorlangs is Allan Alaalatoa die enigste verandering aan die agttal. Hy vervang Taniela Tupou, wat die plaasvervangersbank sal warm hou.
ALL BLACKS: Beauden Barrett, Jordie Barrett, Anton Lienert-Brown, Jack Goodhue, Caleb Clarke, Richie Mo’unga, Aaron Smith, Hoskins Sotutu, Sam Cane (k), Shannon Frizell, Sam Whitelock, Patrick Tuipulotu, Ofa Tuungafasi, Dane Coles, Karl Tu’inukuafe. Reserwes: Codie Taylor, Alex Hodgman, Tyrel Lomax, Scott Barrett, Dalton Papalii, TJ Perenara, Ngani Laumape, Rieko Ioane.
WALLABIES: Dane Haylett-Petty, Filipo Daugunu, Jordan Petaia, Irae Simone, Marika Koroibete, Noah Lolesio, Nic White, Harry Wilson, Michael Hooper (k), Ned Hanigan, Matt Philip, Lukhan Salakaia-Loto, Allan Alaalatoa, Brandon Paenga-Amosa, James Slipper. Reserwes: Jordan Uelese, Scott Sio, Taniela Tupou, Rob Simmons, Fraser McReight, Tate McDermott, Reece Hodge, Hunter Paisami.
– Reuters, Netwerk24
FOTO
Hoskins Sotutu vroeër die maand in aksie toe die All Blacks en Wallabies mekaar in Wellington gepak het. Foto Getty Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie