Soutwerkers oorhandig klagskrif
Walvis Bay Salt Holdings het tot 12 Oktober om te reageer
Otis Finck op Walvisbaai - Sowat vyftig lede van die Mynwerkersunie wat by Walvis Bay Salt Holdings (WBSH) werk, eis die verwydering van die besturende direkteur, mnr. André Snyman, die menslike hulpbronne bestuurder, me. Brumilda Britz, en die werkersverteenwoordiger, mnr. Greg Swartz.
Die werkers het die maatskappy tot Woensdag tyd gegee om te reageer op verskeie vereistes wat vervat is in ’n klagskrif met 29 kwessies wat Snyman verlede week ontvang het.
Snyman het gesê hy aanvaar die klagskrif in goedertrou en dat hy kennis neem van die inhoud daarvan. Hy het onderneem om die kwessies onder die bestuur se aandag te bring.
Die werkers beskuldig hom van nepotisme, diskriminasie teen swart werknemers en die viktimisering van vakbondlede. Daarmee saam meen hulle Britz tree slegs in die belang van die besturende direkteur op en bied sy werkers volgehoue skofwerk aan sonder die toestemming van die arbeidskantoor. Volgens hulle dra Swartz nie hul belange op die hart nie.
Hulle soek ook terugbetaling van oortyd vanaf 2008 tot 2015 en eis dat hulle ingelig word oor die status van hul aandele en uitbetaling van dividende.
Die werkers beweer voorts die salarisse van wit werknemers word in die dorp gedoen, terwyl die salarisse van sekere C2-werknemers wat deur die betaalstaatadministrateur, mnr. Nico de Wee, gedoen moet word, ook in die dorp gedoen word saam met dit van ander C4- en C5-bestuurders.
Volgens hulle het Snyman die kwartaallikse veranderlike betaalpunte gestaak toe hy by WBSH aangesluit het, asook finansiële state vir elke werknemer omdat hy nie die werklike toestand van die veranderlike bedrae wil deel nie. Dit is glo omdat dit nie ’n diensvoorwaarde is nie en dat dit ter eniger tyd gekanselleer kan word.
Die werkers beweer ook hulle word siek en versoek die regering om eksterne oudits te doen oor die stof wat hulle by die wasaanleg en ander geriewe pla.
Werkers wat aan diens beseer is, word na bewering deur die besturende direkteur en die gesondheid- en veiligheidskoördineerder gedwing om siekteverlof in te kort. Die werkers sê die maatskappy wil sy NOSA-gradering bekom en dus word dokters opdrag gegee om werkers wat beserings aan diens opgedoen het, nie af te boek nie.
Die werkers eis ook dat die siekteverlofsiklus reggestel word volgens hul diensvoorwaardes en die arbeidswet, en eis dat vastetermyn-werknemers dieselfde voordele as permanente werknemers moet geniet.
Volgens hulle behoort vastetermyn-werknemers wat vir meer as ses maande in diens is, permanent aangestel te word.
Voorts veroordeel hulle die onderhoudvoering van ’n laboratorium-ontleder om vier vastetermyn-werknemers wat reeds meer as twee jaar daar werk, te vervang.
Vier gehalte-kontroleurs wat sedert April 2016 in poste waarneem, ontvang skynbaar nie toelaes vir die hul werk nie. Die werkers het gevra dat waarnemende toelaes vir hierdie werkers terugwerkend betaal word.
Volgens hulle behoort dié personeel permanent aangestel te word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie