Soveel kos handelsoorlog wêreld se ekonomie – IMF
Nellie Brand-Jonker – Die belangrikste bedreiging vir die wêreld se ekonomie is die voortslepende handelsoorlog tussen Amerika en China, het Christine Lagarde, besturende direkteur van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), met afloop van die byeenkoms van die G20 se ministers van finansies in Japan gesê.
Lagarde het ’n verklaring ná die byeenkoms, wat ook deur die hoofde van sentrale banke bygewoon is, uitgereik.
Volgens haar toon die internasionale ekonomie op die oomblik tentatiewe tekens van stabilisering en die ekonomiese groei gaan na verwagting versterk.
“Hoewel dit goeie nuus is, bly die pad vorentoe onseker en is onderhewig aan talle risiko’s wat dit afwaarts kan druk.
“Die hoofbedreiging spruit uit die voortgesette handelspanning.”
Volgens haar het die IMF bepaal die invoertariewe wat Amerika en China wedersyds op mekaar se goedere hef, insluitende dié wat verlede jaar ingestel is, gaan die internasionale BBP met 0,5% in 2020 of omtrent $455 miljard laat krimp.
“Dit kan ’n wesenlik duik maak in die geskatte verhoging in ekonomiese aktiwiteit.”
Nog ’n risiko is dat die baie lae rentekoerse veroorsaak dat skuld in baie ontwikkelde lande styg en dat opkomende markte kwesbaar bly vir ’n skielike verskuiwing in finansiële toestande.
“Om die risiko’s te versag het ek beklemtoon die eerste prioriteit moet wees om die huidige handelspanning op te los.”
Reuters het berig die G20 se ministers van finansies het ongelukkig nie ’n beroep gedoen dat die handelskonflik opgelos word nie.
Die G20-ministers het ná heftige onderhandelinge glo amper nie ’n communique uitgereik wat gebruiklik is ná afloop van hul byeenkoms nie.
In die communique is net ’n lou reaksie herhaal dat “ ’n reël-gegronde multilaterale handelstelsel” nodig is.
Hul communique lui dat handel en geopolitieke spanning vererger het.
Dondo Mogajane, direkteur-generaal van die nasionale tesourie, het die G20-byeenkoms bygewoon.
Een van die netelige kwessies wat op die byeenkoms bespreek is, is hoe deursigtigheid bevorder moet word onder G20-lande wat finansiering verskaf aan veral laerinkomstelande.
China kom toenemend onder skoot oor hoe sy finansiering van infrastruktuurprojekte laerinkomstelande beïnvloed, het Bloomberg berig. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie