Soveel meer vir wyn, bier, sigarette
Soveel meer vir wyn, bier, sigarette

Soveel meer vir wyn, bier, sigarette

Suid-Afrika se sondebelasting raak Namibiërs ook.
Elvira Wood - As jy lief is vir ’n drankie óf ’n dampie – hetsy ’n goeie ou sigaret of ’n nuwerwetse elektroniese tabakverhittingstoestel (e-sigaret) – sal jy dit soos gewoonlik aan jou sak voel.

Vanjaar was die tesourie Suid-Afrikaners effens genadig en die pryse van die meeste van dié produkte sal met die verwagte inflasiekoers van 4,4% styg.

Vonkelwyn styg egter met 6% terwyl pyptabak met 7,5% styg.Die stygings beteken jy betaal nou R10,77 belasting op ’n bottel vonkelwyn, R1,81 op ’n blikkie bier en ’n stewige R68,73 per bottel brandewyn, whisky of wodka.Tabakverhittingsprodukte sal onmiddellik belas word teen 75% van die koers waarteen gewone sigarette belas word.Hier is die belangrikste stygings – en ’n aanduiding van hoeveel belasting jy per blikkie bier, bottel wyn en pakkie sigarette betaal:

- Bier: Styg met 4,4% tot R106,56 per liter absolute alkohol, of tot R1,81 per 340 ml-blikkie.

- Wyn: Styg met 4,4% tot R4,39 per liter, of tot R3,29 per 750 ml-bottel.

- Vonkelwyn: Styg met 6% tot R14,36 per liter, of tot R10,77 per 750 ml-bottel.

- Spiritualieë: Styg met 4,4% tot R213,13 per liter absolute alkohol, of tot R68,73 per 750 ml-bottel.

- Sider en alkoholiese vrugtedrankies: Styg met 4,4% tot R106,56 per liter absolute alkohol, of tot R1,81 per 340 ml-blikkie.

- Sigarette: Styg met 4,4% tot R17,40 belasting per 20 sigarette.

- Pyptabak: Styg met 7,5% tot R5,99 per 25 g.

- Sigare: Styg met 7,5% tot R96,45 per 23 g.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!