Soveelste lorrie raak pad op Usakos byster
Die bestuurder van ’n vragmotor is kritiek ná hy Vrydag in waens by die treinstasie vasgejaag het.
Augetto Graig - ’n Lorrie met ’n vol vrag ammoniumnitraat het Vrydagmiddag teen vermoedelik só ’n hoë spoed oor die T-aansluiting by die treinstasie gejaag dat spoedbrekers in ’n remstrook nie kon keer dat dit teen waens op die treinspoor bots nie.
Nooddienswerkers het volgens inligting gesukkel om die erg beseerde bestuurder onder dié plofbare chemiese stof uit te haal.
Dit is die soveelste keer dat vragmotors wat die dorp vanaf die kus binnery, nie genoegsaam gerem kry nie en oor die T-aansluiting tot by die stasie jaag.
’n Remstrook is is in 2015 juis om as spoedbreker vir vragmotors te dien.
Volgens die weeklikse misdaadverslag ondersoek die polisie ’n klag van roekelose bestuur aangesien die bestuurder die stopteken aan die eindpunt van Theo-Ben Gurirabstraat verontagsaam het.
Die lorrie het omstreeks 13:20 teen twee stilstaande TransNamib-treinwaens vasgejaag en veroorsaak dat die waens ontspoor, het die nasionale spoorwegmaatskappy later die namiddag bevestig.
VolgensTransNamib se uitvoerende hoof, mnr. Johnny Smith, weet hulle nog nie hoeveel die koste van die skade is nie. Hy kon ook nie sê hoekom die remstrook nie die ongeluk verhoed het nie.
Dié gerief is ’n afstand van waar die ongeluk gebeur het, sê Smith, en nie alle lorries gebruik die pad wat langs die remstrook loop nie, voeg hy by.
Groot lorries is veronderstel om langs die remstrook verby te ry, sodat dit gebruik kan word in ’n noodgeval. “As hulle dit sou doen, behoort hierdie voorvalle nie te gebeur nie,” sê hy.
Daar was ’n Mei ook ’n voorval op dié dorp waar ’n lorrie se remme gefaal en dit teen TransNamib se gebots het. Smith sê dit sou goed wees om te weet hoeveel ongelukke ná die bou van die remstrook plaasgevind het steeds ontwikkeling op dié dorp belemmer.
Smith kon wel bevestig dat die toneel opgeruim ia en dat die skade vir TransNamib beperk is. Geen merkwaardige vertragings of onderbreking van skedules sal volg nie, sê hy.
Hy sê die vervoermaatskappy, BHL Solwezi, van Zambië aan wie die vragmotor behoort, het die grootste skade gelei.
Die beseerde lorriedrywer is van die staatshospitaal op Usakos na Mediclinic in Windhoek oorgeplaas.
Volgens die polisie is sy toestand kritiek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie