Sowat 185 000 Namibiu00ebrs MIV-positief
Sowat 185 000 Namibiu00ebrs MIV-positief

Sowat 185 000 Namibiërs MIV-positief

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Sowat 4 500 nuwe gevalle van MIV word jaarliks in Namibië onder volwassenes tussen die ouderdomme van 15 tot 64 jaar aangeteken.

Die voorkoms van die siekte is hoër onder vroue (0,99%) van 15 tot 24 jaar as onder mans (0.03%).

Op die vooraand van Wêreldvigsdag leef sowat 185 000 Namibiërs met MIV. Dit sluit 176 000 inwoners in die ouderdomsgroep 15 tot 64 jaar en die sowat 9 000 jong kinders (0 tot 14 jaar) in wat MIV-positief is.

Dié statistieke is vervat in die Namibië Bevolkingsgebaseerde MIV-impakstudie wat tussen Junie en Desember verlede jaar landswyd uitgevoer is. Dit was die eerste keer dat so ‘n opname in Namibië onder inwoners vanaf 0 tot 64 jaar gedoen is.

Virale onderdrukking onder MIV-positiewe volwassenes (15 tot 64 jaar) was 77%; 81.7% onder vroue en 69.6% onder mans.

Onder volwassens (15 tot 64 jaar) wissel die voorkoms van die siekte geografies oraloor Namibië en wissel dit van 7,6% in Kunene tot onderskeidelik 17,9% en 22,3% in Ohangwena en Zambezi.

Streke met ‘n hoër voorkoms van MIV as die nasionale gemiddelde was geneig om meer vroue as mans te hê wat MIV-positief is.

Die streke met die minste MIV-positiewe inwoners is Kunene en Khomas.

Die voorkoms van die siekte is die hoogste onder vroue tussen 45 en 49 jaar (30%), teenoor die 26,4% onder mans tussen 50 en 54 jaar, wat die hoogste in dié kategorie is.

Wat betref vroue en mans in hul reproduktiewe jare (15 tot 49 jaar) was dit weer vroue wat die hoogste MIV-positiewe syfer het. In Namibië is slegs 86% van MIV-positiewe inwoners bewus van hul status.

Met verwysing na besnydenis sê die verslag onder mans tussen die ouderdomme van 15 en 64 jaar was die koers vir nie-mediese sowel as mediese besnydenis 36,4%. Hier was die laagste voorkoms vir besnydenis van ‘n lae 17,8% in Hardap tot ‘n hoë 60,2% in Kunene.

Namibië het die afgelope paar jaar reusevooruitgang gemaak om die MIV-vigspandemie hok te slaan, met meer as 90% van MIV-positiewe mans en vroue wat op anti-retrovirale behandeling is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!