Sowat 2 000 Britte, Europiërs gerepatrieer
Ronelle Rademeyer - ’n Totaal van 2 039 Europiërs en Britte wat in Namibië met vakansie was of hier werk, het sedert die naweek op spesiale huurvlugte teruggekeer huis toe.
Twee van die vlugte word vandag onderneem.
Mnr. Reinhard Gärtner, tussentydse uitvoerende direkteur van die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA), sê toestemming is aan Lufthansa verleen om vir dié doel vyf vlugte na Namibië te onderneem.
Die eerste vlug met net bemanning aan boord, het Saterdag om 06:50 geland en volgens Flightradar24 Sondag om 10:12 na Frankfurt vertrek.
Hy sê toestemming is van die owerhede verkry dat die bemanning by N/a’ankusê Lodge buite Windhoek kan tuisgaan.
‘n Propvol Airbus A350 van Lufthansa het Maandag met 293 passasiers aan boord na München gevlieg, terwyl twee vlugte, LH343 en LH 2573 Dinsdag na onderskeidelik Frankfurt en München sal vlieg.
Die laaste vlug vertrek Woensdag vanaf die Hosea Kutako Internasionale Lughawe af na München, sê me. Neda Jaafari, Lufthansa se woordvoerder vir Europa, die Midde-Ooste en Afrika.
“Met dié vlugte bied Lufthansa meer as 1 000 sitplekke vir passasiers aan,” sê sy.
’n Lys met die getal mense wat gerepatrieer moet word en die lande waarvandaan hul afkomstig is, is aan die NCAA voorgelê.
Van die 2 039 mense wat terugkeer na hul lande, is 1 998 buitelanders met verblyfreg in Namibië. Die ander 41 is toeriste wat nog hier gestrand was – agt van Finland, tien van Spanje, sewe van Portugal, 6 van Luxemburg, tien van Italië en die twee Romeniërs wat in Namibië in kwarantyn was nadat hulle positief getoets het vir Covid-19.
Italië en Spanje is die lande in Europa wat sover die meeste Covid-19-sterftes gerapporteer het.
Intussen het die Britse hoëkommissariaat met die hulp van ATI Holidays reëlings getref om Britse burger via Gaborone in Botswana en Addis Ababa in Ethiopë na Brittanje te vlieg.
Volgens mnr. David Cartwright, eienaar van ATI Holidays, het dié toermaatskappy die afgelope 18 jaar alles in sy vermoë gedoen om mense te kry om Namibië te besoek. “Maar hierdie laaste week het ons naarstiglik probeer om hulle terug te kry by die huis,” het hy op Facebook gesê.
Altesaam 48 Britte het Saterdag op die eerste huurvlug vanaf die Hosea Kutako Internasionale Lughawe na Gaborone gevlieg, vanwaar hulle die terugreis verder sou aanpak.
Volgens die lys wat aan die NCAA voorgelê is, is daar sowat 100 Britte in Namibië waarvan 70 aangedui het hulle wil terugkeer na Brittanje.
Lufthansa Group se rederye het sedert 14 Maart meer as 52 000 gestrande Europiërs teruggevlieg na Duitsland, Oostenryk, Switserland en Belgiê. Meer as 270 spesiale vlugte is onderneem vanaf 60 lughawens op al vyf die vastelande, sê Jaafari.
“Die kliënte is toeroperateurs, passasiersbote en regerings.”
Dertien spesiale vragvlugte met noodvoorrade is ook in hierdie tyd deur hierdie groep rederye onderneem.
Foto: Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie