Sowat 200 kormorante vrek aan kus
'n Vermoedelike uitbreking van die hoogs aansteeklike voëlgriep (HPAI) kom tans langs die kus voor in hoofsaaklik die Walvisbaai-omgewing, luidens 'n mediaverklaring van die direktoraat van veeartsenydienste in die ministerie van landbou, water en grondhervorming.
Hulle het berigte op 13 Januarie ontvang van dooie voëls – veral kormorante en pelikane – in die omgewing van Bird Island en rondom die soutpanne.
Twee dae later het hulle ondersoek gaan instel en sowat 200 dooie kormorante en twee pelikane aangetref. Hulle het ook talle siek voëls gewaar wat tipiese simptome van voëlgriep getoon het.
“Hulle was mak en nie bang vir mense nie. Hulle het gebewe en hulle koppe was geswel.”
Mense word gevra om enige siek of dooie voëls onmiddellik aan te meld. Mense mag nie die voëls hanteer nie en die verwydering van die dooie voëls moet onder die toesig van veeartseny- en mediese beamptes gedoen word. Geen lewende voëls mag tans vanaf die Erongostreek vervoer word nie.
Monsters is geneem en daar word op die uitslae gewag. Die bron van die infeksie is vermoedelik wilde trekvoëls. Hulle dra die virus in hulle spoeg, nasale afskeiding en ontlasting. Pluimvee kan besmet word wanneer hulle in kontak kom met wilde voëls, siek pluimvee of oppervlakke wat besmet is.
Sommige soönotiese stamme van die voëlgriep kan mense aansteek wanneer hulle siek voëls hanteer of eet.
Verdere toetse word tans gedoen om uit te vind of die stam mense kan infekteer.
FOTO
Sowat 200 dooie kormorante is in die omgewing van Walvisbaai gevind. Foto Tanja Bause

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie