Sowat 5 ton ingevoerde hoender vernietig
Sowat 5 ton ingevoerde hoender vernietig

Sowat 5 ton ingevoerde hoender vernietig

Die bedreiging van goedkoop hoenderinvoere vir die plaaslike mark word later die week tydens 'n openbare sessie bespreek.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Nagenoeg vyf ton ­ingevoerde hoender met 'n ­vervalste ­vervaldatum op die ­ver­pak­king is by die Kupferberg-stortingsterrein by Windhoek ­vernietig.

Die direktoraat veeartseny­dienste het op 25 Junie op die hoender beslag gelê, en is 10 dae gelede (op 29 en 30 Augustus) onder toesig van dié owerheid vernietig.

Volgens me. Margaret Kalo, woordvoerder van die ministerie van landbou, water en bosbou, is op 1 126 kartonne hoender van 4 850 kg in totaal beslag gelê. Dit is via Suid-Afrika uit die VSA ingevoer.

Kalo sê daar was twee verskillende plakkers op die bokse ingevoerde hoender. Die een plakker het aangedui die vervaldatum is 23 Janua­rie 2019. Dit het ook die naam van die produsent op gehad.

Bo-op dit was 'n tweede plakker met 19 Februarie 2020 as vervaldatum. Dit het nie die produsent se naam op gehad nie.

Volgens Kalo is die hoender deur 'n Walvisbaaise sakeman ingevoer wat gereeld hoenderprodukte invoer.

Sy sê dit is wettiglik na Suid-­Afrika ingevoer en toe weer na Namibië uitgevoer.

Kalo het by navraag gereageer en gesê die kwessie is met die invoerder bespreek, wat besef die vervalde produkte hou 'n risiko vir mense se gesondheid in.

Volgens die Namibië Statistiek­agentskap (NSA) is 16 993 ton hoender in 2018 na Namibië ­ingevoer.

Die storting van goedkoop ­buitelandse hoenderprodukte hou 'n ernstige bedreiging vir plaaslike hoenderproduksie in.

Dit is die rede vir die ­ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling se besluit om eerskomende Vrydag 'n openbare konsultasiesessie te hou.

Mnr. Pieter van Niekerk, kommersiële bestuurder by Namib Mills, het vroeër aan Republikein gesê die ministerie “probeer regtig na al die partye luister”, maar dat 'n besluit oor die plaaslike hoender­bedryf binne die volgende paar weke gemaak moet word.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!