Sowat 670 miljoen mense kyk video
Sowat 670 miljoen mense kyk video

Sowat 670 miljoen mense kyk video

Tanja Bause
Die video wat Gondwana Collection Namibia gemaak het in antwoord op president Donald Trump se uitspraak oor Afrikalande wat “sh*thole”-lande is, het binne 10 dae meer as 670 miljoen mense dwarsoor die wêreld bereik.

“Dit is die suksesvolste bemakingsveldtog vir Namibië sedert onafhanklikheidwording in 1990,” lui ’n verklaring wat Gondwana uitgereik het.

Ná Trump se neerhalende uitlatings oor Haiti en Afrikalande het Gondwana en die Namibiese musikant Ees kragte saamgespan en die video oor die “mooiste ‘sh*thole’-land in Afrika” gemaak.

Die video stel pragfoto’s van Namibië ten toon en wys die land op sy beste.

’n Amerikaanse Trump-nabootser is in die video gebruik.

Die Britse maatskappy Meltwater, wat Gondwana se aanlyn teenwoordigheid monitor, het gesê: “Dit is ongelooflik om te sien dat die video tot 1 140 redaksionele artikels gelei het wat deur 662 miljoen mense in 45 lande in nege verskillende tale gesien is. Dit is boonop die 13 miljoen gebruikers van sosiale media (?).”

“Ons hoop dat die video mense die mooi dele van Afrika kan laat sien,” het mnr. Manni Goldbeck, handelsmerk- en bemarkingsbestuurder van Gondwana Collection, gesê.

“Namibië is polities stabiel. Sy kulturele diversiteit, unieke fauna en flora en asemrowende landskappe, tesame met van die mees progressiewe omgewingswetgewing ter wêreld, maak die land 'n top- reisbestemming,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 37° Rundu: 22° | 38° Eenhana: 21° | 37° Oshakati: 22° | 34° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 21° | 36° Omaruru: 20° | 38° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 18° | 34° Henties Bay: 14° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 18° | 34° Mariental: 18° | 35° Keetmanshoop: 18° | 35° Aranos: 17° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 14° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 7° | 24° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 24° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 13° | 27° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 30° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!