Sowat N$884 miljoen vir internasionale betrekkinge
'n Totaal van 86% is vir die ministerie se bedryfsbegroting aangewys.
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndatiwah, het verlede week haar ministerie se begrotingspos van meer as N$884 miljoen in die Nasionale Vergadering (NV) gemotiveer.
Sy het gesê 14% - N$120 miljoen - van die totale begroting is vir die ontwikkelingsbegroting van diplomatieke missies oorsee en die hoofkantoor aangewys vir onder meer die opknapping van bestaande eiendomme of die aankoop van nuwe eiendomme.
Die oorblywende 86% - sowat N$764 miljoen - is vir die bedryfsbegroting met sy verskillende programme.
Vir die eerste program van streeks- en bilaterale betrekkinge en samewerking is sowat N$28,4 miljoen vir diplomatieke betrekkinge met 150 lande wêreldwyd.
Die tweede program behels multilaterale beleidsamewerking waarvoor sowat N$76,4 miljoen begroot is.
"Namibië sal aan twee spitsberade van die Afrika-unie (AU) deelneem, naamlik een in Mauritanië in Junie of Julie en een in Addis Abeba, Ethiopië, in Januarie 2019. Namibië sal ook aan die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se Dubbele Troika in April in Angola deelneem," het Nandi-Ndaitwah gesê.
Pres. Hage Geingob woon tans die Statebond se staatshoofde-vergadering (CHOGM) by wat op 19 en 20 April in Londen plaasvind.
"Namibië sal gasheer speel vir die 38ste buitengewone SADC-beraad van staatshoofde in Augustus en vanaf Augustus 2108 tot Augustus 2019 die voorsitter van SADC word. Ons sal ook aan die VN se sessies van die Algemense Vergadering vanaf September tot November deelneem," het die minister gesê.
Sy sê daar word van die Namibiese president as voorsitter van SADC verwag om aan die raadgewende vergadering deel te neem wat deur die AU-voorsitter gereël is, en Geingob moet aan strategiese vennootskapvergaderings deelneem, veral rakende die Forum van die China-Afrika-beraad (Focac) in September.
VIER SADC-LANDE STEM
"Voorts sal vier SADC-lande - Madagaskar, Zimbabwe, Swaziland en die Demokratiese Republiek die Kongo (DRC) - vanjaar verkiesings hê waar Namibië as verkiesingswaarnemer sal optree om politieke stabiliteit in die SADC-streek te verseker."
Vir die derde program van protokol en konsulêre dienste is sowat N$13,5 miljoen begroot.
"Verlede jaar is kommer uitgespreek oor die gebrek aan kennis oor diplomatieke protokol. My ministerie het aangebied om opleiding in diplomatieke protokol aan instellings soos die parlement te verskaf, maar nie een enkele kantoor het met 'n versoek na vore gekom nie," het Nandi-Ndaitwah gesê.
Die vierde program, buitelandse missieverteenwoordiging, betrek die grootste deel van die begroting, naamlik sowat N$582,5 miljoen, wat vir die bedryfskoste van 34 missies oorsee verantwoordelik is. Dit sluit onder meer in die kantoorhuur, personeelakkommodasie, salarisse van personeel, betaling van skoolfooie en mediese koste van personeel en hul afhanklikes en onderhoud van voertuie en toerusting.
"Missies verrig konsulêre aktwiteite soos die uitreiking van visums. Tydens 2017-'18 was die inkomste uit visumuitreikings sowat N$9,5 miljoen," het die minister gesê.
Sowat N$63,4 miljoen is vir die vyfde program, koördinering en ondersteuningsdienste begroot.
Die minister het gesê weens die gebrek aan taalvaardigheid word Namibiërs aangemoedig om hulself van ander tale te vergewis.
"Ons het die Namibië Vereniging vir Afgetrede Ambassadeurs gevestig en maak gebruik van die goeie ervaring van afgetrede ambassadeurs en sommige van hulle is in die diplomatieke diens hervestig."
Nandi-Ndaitwah het voorts weer Namibië se verbintenis met Wes-Sahara en Palestina bevestig en veroordeel Amerika se besluit om Jerusalem as die hoofstad van Israel te verklaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie