Spaanse klub laat Coleman gaan
Spaanse klub laat Coleman gaan

Spaanse klub laat Coleman gaan

Sokker
Andrew Poolman
’n Nuusverklaring deur die Spaanse sokkerklub Sevilla sê beide partye het ooreengekom dat hul kontrak met Zenatha Coleman 'n jaar voortydig beëindig is, "vanweë verminderde deelname deur die Namibiër in onlangse wedstryde."

Die klub se verklaring sê Coleman het in die huidige seisoen 570 minute in 13 wedstryde gespeel, waarin sy een doel behaal en tot twee doele deur spanmaats bygedra het.

Hierdie vertoningslys het egter nie voldoen aan die hoë standaard wat sy tydens haar aankoms in 2020 gestel het, met sewe doele in 22 wedstryde nie.

Die 28-jarige gebore Keetmanshoper se kontrak met Sevilla is aanvanklik in Julie 2021 met twee jaar verleng. Tot in daardie stadium is sy as een van die span se steunpilare vir die toekoms beskou.

In onlangse wedstryde moes die afrigter, klaarblyklik gedwonge deur die Namibiër se ingesteldheid, egter eerder op spelers uit Sevilla se sokkerakademie begin staatmaak.

“Hoewel die aankondiging ’n verrassing is, het albei partye dit as die ideale oomblik beskou om hul paaie te skei. Op hierdie manier sal dit makliker wees vir die speler om ’n nuwe bestemming te vind, aangesien oordragte in vrouesokker steeds nie baie gereeld voorkom nie. Hierbenewens het die oordragmark nog nie gesluit nie en beide Sevilla FC en Zenatha Coleman het ’n geleentheid om ’n oplossing te vind, of dit nou 'n nuwe bestemming of ’n nuwe plaasvervanger is.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!