Spaar die sterre
Spaar die sterre

Spaar die sterre

Mandy Rittmann
J C VORSTER SKRYF:

Ek stel graag ’n besparingsmaatreël voor.

Stel ’n afvaardiging van twee tot drie mense aan en hulle besoek dan al die lughawens waar julle oorsee land. Hierdie delegasie besoek dan alle driesterverblyf binne vyf kilometer van die lughawe af.

Daar word met die mense van sulke verblyfinstansies onderhandel vir ’n billike tarief sou julle kajuitpersoneel uitsluitlik van die plekke gebruik maak.

Daar word dan so ’n lys van verblyf aan julle raad voorgelê en sou daar dan ’n lys van verblyf aanvaar word, word alle kajuitpersoneel dienooreenkomstig ingelig.

Ek is seker die oorsese driesterverblyf is heeltemal voldoende en moontlik ook van hoër gehalte as wat ons dink. Sou enige kajuitbeampte aandring op vyfsterverblyf, sal die verskil tussen die driester- en die vyfsterverblyf vir sy of haar eie rekening wees.

Ek is oortuig dat duisende op die manier gespaar kan word.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer