Spaar steeds water
Estelle de Bruyn
Ondanks sporadiese reën en effense invloei in die land se damme, is die bedreiging van droogte nog lank nie iets van die verlede nie.
Verskeie plekke in die land wag nog vir reën. In die meeste gevalle is daar nou minder water in die land se opgaardamme as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Die uitdagings wat ons stedelinge in die droogtetyd in die gesig gestaar het, is nie naastenby te vergelyk met die stryd om oorlewing wat baie in die boerderygemeenskap en kommunale gebiede die hoof moes bied nie.
Toe die droogte op sy ergste was, het die meeste Namibiërs kopgehou en saamgestaan, die krane toegedraai en die grasperke maar aan die genade van die natuur oorgelaat.
In sommige gevalle, soos by die woning van die Amerikaanse ambassadeur, is selfs besluit om die swembad toe te gooi en van 'n grasgroen tuin na 'n droë tuin oor te skakel.
Dit is 'n prysenswaardige voorbeeld wat ander ambassades en hoëkommissariate gerus kan nadoen.
By die Duitse ambassadeurswoning is, nadat waterbeperkings ingestel is, nie tuin natgemaak nie en die lowergroen grasperk het gevrek. Soos die geval met die Amerikaanse ambassade was dit 'n ware simbool van solidariteit met die lot van gewone Namibiërs.
Dit was jammer om in die droogtetye te sien hoe sommige ambassades optree asof Namibië se probleme hulle nie werklik raak nie.
Namibië is 'n droë land en reën is 'n gawe waarop nie altyd staatgemaak kan word nie.
Vanjaar se reën het laat gekom.
Dit sal goed wees as verbruikers nou, selfs al het dit gereën, hulle by die waterbesparingsmaatreëls wat vroeër deur die munisipaliteit ingestel is, hou.
Daar is eenvoudige riglyne wat, indien almal hul deel doen, 'n groot verskil sal maak in die land se vermoë om in die lang termyn waterselfvoorsienend te bly.
Só sê ander:
Die Burger
11 April 2018
Beskerm die regstaat
Daar is 'n baie gevaarlike dinamiek in die land aan die ontwikkel rondom die strafregtelike vervolging van oudpres. Jacob Zuma.
Terwyl daar oorgenoeg prima facie-getuienis is om Zuma te vervolg, word hy al weer geskets as die slagoffer van 'n politieke sameswering.
Dis weer Zuma, die ware stryder vir die mense, teenoor Ramaphosa, die manteldraaiende samesweerder met agente van Westerse neo-liberalisme.
As Zuma so oortuig is van sy eie onskuld, is daar mos nêrens beter om “die samesweerders” op hul baadjie te gee as in die hof nie, of hoe?
Hierdie soort populistiese verdagmakery van nie alleen die Ramaphosa-regering nie, maar sommer ook die regbank en die beginsels van die regstaat, is 'n ou laai.
Hierdie is ook nie die soort praatjies wat los en vas gemaak moet word nie. As daar enige bewyse voor is, moet dit summier aan die owerhede oorhandig word sodat die samesweerders voor die hof gebring kan word.
Dít is soos dit hoort in 'n regstaat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie