Span CCTV in teen Swakopmund se misdadigers
Span CCTV in teen Swakopmund se misdadigers

Span CCTV in teen Swakopmund se misdadigers

[email protected]
Adolf Kaure
Adolf Kaure – Misdaadvlakke aan die kus is aan die toeneem, veral op Swakopmund. In onlangse tye was ouer mense die slagoffers van rowers en aanranders en sommige het selfs hul lewens verloor vanweë die genadelose skurke.

Misdaad is besig om normaal te raak. Hierdie boosdoeners loop vrylik rond, op die uitkyk vir hul volgende prooi.

Dit het onlangs ook rugbaar geword hoedat inwoners van die kusdorp daarmee wegkom dat hulle die metaal-traliewerk van die Swakoprivier-brug steel.

Die koste van hierdie soort vandalisme aan openbare infrastruktuur kan miljoene beloop.

Die polisie vra altyd die publiek om die oortreders te help opspoor, vanweë die afwesigheid van ooggetuies of fisiese bewysstukke soos moordwapens.

Vir my is dit ooglopend wat nodig is om nie net hierdie kansvatters te vang nie, maar om hierdie soort misdaad in die algemeen te verminder.

Volgens my siening is die oplossing om CCTV-kamers (geslotekringtelevisie) te installeer – nie net in die sentrale sakegebied nie, maar in verskeie strate van elke woonbuurt.

Op dié manier kan die skuldiges wat misdade pleeg, maklik uitgeken en voor stok gebring word. Hierdie hulpmiddel vergemaklik die polisie se taak om die kriminele elemente op te spoor wat reken hulle kan letterlik en figuurlik met moord wegkom.

Dit wil voorkom of CCTV-kameras net by sekere maatskappye op Swakopmund gebruik word, veral dié in die sentrale sakegebied, wat vir my ietwat verrassend is. Hierdie betrokke besighede pluk oënskynlik reeds die vrugte van die beter sekuriteitstoestande in die omgewing van hul persele.

In Windhoek het sekuriteitskameras reeds bygedra tot die hantering van kriminele bedrywighede en tot inhegtenisnemings gelei. Hoewel daar reeds verskeie vorige pogings deur gemeenskapspolisiëringsforums op Swakopmund was om CCTV te installeer om toesig oor waardevolle voorraad, infrastruktuur en menselewens te hou, is dié voornemens steeds nie bewaarheid nie.

Swakopmund is ’n bymekaarkomplek vir toerisme – nie net vir Namibië nie, maar vir die groter Suider-Afrika. Toeriste stroom voortdurend na die kusdorp om die wye ooptes en die kontraste van die oudste woestyn ter wêreld te geniet; waar die Namibwoestyn die Atlantiese Oseaan ontmoet, asook die eienaardige weerstoestande wat deur die koue Benguela-seestroom veroorsaak word.

Die dorp bied vele winkels wat items aan die duur kant aan hierdie toeriste verkoop, om die buitelandse valuta tot voordeel van die land se ekonomiese groeikoers en die bruto binnelandse produk te genereer.

Laat ons sekuriteitskameras opstel om menselewens te beskerm en misdaad te bekamp, sodat ons internasionale besoekers vry en veilig kan voel om ons ekonomie ’n hupstoot te gee.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!