Span onderbenutte en onbenutte geboue in as klasse
Span onderbenutte en onbenutte geboue in as klasse

Span onderbenutte en onbenutte geboue in as klasse

Dani Booysen
JOHAN SCHUTTE SKRYF:

'n Stuiwer in die armbeurs . . .

Ek lees met misnoeë oor die ­tentskole wat opgerig word om arme klein bloedjies te huisves vir geleerdheid. Ons wat dit in die weermag beleef en gesien het, ken van tentlewe. Hoe vrek swetend warm en yskoud en nat so 'n struktuur kan raak.

Wanbeplanning vir leefbare akkommodasie vir leerlinge moet voor die deur van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur en die regering geplaas word.

Ek lees vanoggend Francoise Steynberg se kommentaar oor die tentskole. Dis hoogs skandalig, onaanvaarbaar en oneties om te verwag kinders moet uit swetende warm kambashu's kom om verder in tente en onder bome te sit en sweet.

Twee alternatiewe . . . Die massiewe Ramatex-kompleks staan daagliks leeg en onbenut. Sover dit my kennis strek is die City of Windhoek die wetlike eienaars van die kompleks. Hoekom kan onse staatshoof en die regering die munisipaliteit nie dwing om die kompleks beskikbaar te stel om as klaskamers benut te word om duisende kinders in beter omstandighede te kan laat leer nie? Dit kan tog nie so moeilik wees nie, voorwaar.

Tweede alternatief: Gebruik van die gulsige verdedigingsbegroting se geld om onder- en onbenutte staatsgeboue in klaskamers te omskep.

Kinders wat in moeilike omstandighede lewe en opgroei verdien nie dit nie. Miskien moet daaraan gedink word om alle ryk, hooggeplaaste regeringsamptenare te dwing om ook hulle kindertjies in die boom- of tentskole in te skryf.

Ek wonder maar net . . .

Kommentaar

Republikein 2025-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer