Span teen Bulldogs lyk dunste nóg
Andrew Poolman - Twee skoolverlaters van 2015 bevind hulle môre in ’n uiters onervare beginspan van die Windhoek Draught Welwitschias vir môre se kwalifiserende Curriebeker-wedstryd teen die Grens Bulldogs in Windhoek.
In die Namibiërs se gesukkel om in dié strawwe kompetisie kop bo water te hou, moes afrigter John Williams vandeesweek erg raap en skraap om sy wedstrydgroep voltallig te kry.
Morné Blom was ’n laat onttrekking dié week toe hy nader geroep is om gisteroggend saam met die Namibiese toetsspan na Uganda vir hul Afrika-bekerwedstryd te vertrek.
Blom vervang die flank Rohan Kitshoff, wat vanweë werkverpligtinge nie vir die toer óf vir môre se botsing teen Grens oorweeg kon word nie.
Die toetsspan se vertrek met 25 spelers na Uganda was verreweg nie die enigste verlies van ondervinding en opsies tot Williams se beskikking nie. Terselfdertyd vertrek Lesley Klim, Max Katjijeko en Chess Lawrence saam met die Tisan-sewesspan na ’n studentetoernooi in Wallis.
Op die lang lys van beseerde spelers is die hakers Dewald Coetzee en Johan Wohler asook slot Alberto Engelbrecht bygevoeg ná die lelike drag slae van 110-10 in hul laaste wegwedstryd teen die Boland Kavaliers. Selfs Trustco United se ongebruikte bulslot Jandré Lamprecht is met ’n handbesering buite rekening.
Môre se wedstrydgroep bevat dus opnuut vyf spelers (drie in die beginspan) wat in hul heel eerste wedstryd in die 2016 provinsiale reeks ingespan word. Dit is ook nie asof vele van hul spanmaats meer as ’n handvol verskynings op die vlak kan wys nie.
Die stut Arno von Wielligh (Windhoek Gimnasium) en flank Johan Luttig (Tsumeb Gimnasium) was byvoorbeeld verlede jaar aan opponerende kante van die Momentum o.19 Superliga-skolefinaal.
Dié twee nasionale o.20-spelers maak hul senior buiging saam met senter Handré Bezuidenhout (United), reserwehaker Niël van Vuuren (United) en reserwestut Schalk Bergh (FNB Wanderers).
Die Oos-Kapenaars bevind hulle in die elfde plek op die puntelys en sal dus nie een van die drie kwalifiseerders vir die Curriebeker wees nie. Die Bulldogs bly nietemin ’n geharde span wat met hardlooprugby ewe groot probleme vir die sukkelende tuisspan kan veroorsaak.
Die spanne:
Windhoek Draught Welwitschias: 15 Riaan van Zyl, 14 Russell van Wyk, 13 Handré Bezuidenhout, 12 Francois Wiese (kapt), 11 Phillip Nashikaku, 10 Mahco Prinsloo, 9 Cameron Klassen, 8 Eagon Cloete, 7 Johan Luttig, 6 Zayne Groenewaldt, 5 Lodewyk Davis, 4 Thomas Khali, 3 Ignus Tripodi, 2 Shaun du Preez, 1 Arno von Wielligh.
Reserwes: Niël van Vuuren, Schalk Bergh, Grandt Nash, Petri Burger, JC Winckler, Shaun Kaizemi, Malcolm Moore.
Grens Bulldogs: 15 Logan Basson, 14 Siphosenkosi Nofemele, 13 Makazole Mapimpi (o.kapt), 12 Lunga Dumezweni, 11 Michael Makase, 10 Masixole Banda, 9 Zukisani Tywaleni, 8 Nkosikhona Nofuma, 7 Siyabulela Mdaka (kapt), 6 Billy Dutton, 5 Wandile Putuma, 4 Lindokuhle Welemu, 3 Johannes Jonker, 2 Mihlali Mpafi, 1 Blake Kyd.
Reserwes: Mbeko Kota, Siyamthanda Ngande, Athenkosi Khetani, Athenkosi Manentsa, Bangihlombe Kobese, Sonwabiso Mqalo, Nkululeko Ndlovu.
• Die voorprogram van skolewedstryde begin reeds vroegoggend:
07:30 Jan Möhr tn Rehoboth Hoërskool (o.14B-liga)
08:30 Jan Möhr tn Rehoboth (o.15B-liga)
09:30 WHS IV tn Rehoboth I (o.19C-liga)
10:50 WHS III tn Walvisbaai II (o.19C-liga)
12:1 HTS I tn Walvisbaai I (o.19 premierliga)
• Beter rugbynuus behoort later môreaand uit Kampala verneem te word. Namibië het vandeesweek tot die 20ste plek op die wêreldranglys opgeskuif teenoor Uganda se 50ste plek.
Die Kraanvoëls het in 2007 ’n groot skok gelewer om ’n 20-19 tuissege te behaal, maar die kanse van só ’n herhaling lyk min.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie