Span teen Leeus se tande getrek
Net agt uit die 22-tal van die eerste wedstryd in Windhoek het oorgebly.
Andrew Poolman - Vyf naweke het verloop vandat die Windhoek Draught Welwitschias een van hul hardnekkige vertonings van die seisoen gelewer het om die Xerox Goue Leeus in Windhoek met net tien punte te laat wen (45-35).
Vooruitsigte is egter allesbehalwe gunstig vir ’n herhaling van só ’n skaflike vertoning in vandag se SuperSport uitdaagwedstryd by die Wits-rugbystadion in Johannesburg (afskop om 15:00).
Afrigter Lyn Jones moes tweede viool speel vanweë die voorkeur wat uiteraard aan die nasionale groep se voorbereiding vir die komende Wêreldbeker-uitdunne gegee word. Sy spelersgroep is vandeesweek dus onherkenbaar dunner, met bykans ’n volle span wat onder leiding van Phil Davies ’n oefenkamp op Stellenbosch gaan hou het.
Net drie van die nasionale groeplede is vrygestel om direk na Johannesburg te vlieg om by hul Welwitschias-spanmaats aan te sluit. Die drietal is die slotpaar Mahepisa Tjeriko en Max Katjijeko, asook die buitesenter Janry du Toit.
Dié drietal, tesame met die stut Hans Breedt, slot Denzil van Wyk, haker Roderique Victor, stut Hauta Veii en skrumskakel JC Winkler is die enigste lede van die 22-tal wat verlede maand, benewens ’n drieë-bonuspunt, so byna ook ’n verloorbonus teen die Leeus ingepalm het.
Vir vandag se wedstryd moes Jones boonop ’n nuwe spanleier aanwys in die plek van Leneve Damens, wie se seisoen laas naweek teen die Blou Bulle wreed kortgeknip is. Die agtsteman was vanjaar ’n staatmaker, totdat hy ná ’n lynstaan sleg te lande gekom en knieligamente geskeur het.
Western Suburbs se flank Thomasau Forbes sal die kapteinskap teen die Leeus oorneem.
Forbes lei ’n groep wat op die oog af nie oor die ondervinding of skietgoed beskik om die Gautengers van ’n wegholsege te weerhou nie. Roderique Victor is ’n vurige losvoorspeler met ’n goeie werktempo, maar is eers dié seisoen in ’n haker omskep en dit sal dus gesien moet word of die Namibiërs in die vaste fasette hul kwota balbesit kon verseker.
Altesame sewe spelers is uit die plaaslike klubliga opgeroep om die gapings te vul wat deur die nasionale oefenkamp, asook deur beserings soos Damens en die onbeskikbaarheid van ’n losvoorspeler soos Adriaan Booysen (eksamens) veroorsaak is.
Dié sewetal het almal gedurende 2017 of vroeër blootstelling in die Welwitschias gekry, hoewel vanmiddag hul eerste provinsiale wedstryd vir die jaar is. Hulle is senter Francois Wiese en reserwelosskakel Dirk von Weidts (Wanderers), vleuel Nikin Cloete en reserwe-agterspeler Justin Nel (Western Suburbs), losskakel Aurelio Plato en reserwelosvoorspeler Ngumee Nguaiko (Kudus), flank Winmar Rust (Trustco United) en agtsteman James Marx (Walvisbaai).
In vorige seisoene is honderdtalle afgestaan wanneer die plaaslike amateurspan gedurende die internasionale vensterperiode vir toetsrugby steeds op provinsiale vlak moes meeding.
Die Namibiërs, met feitlik elke bestaande kombinasie ontwrig, sal dus met mag en mening moet inklim om die stryd enigsins naby aan kompeterend te hou.
Spelers sal nietemin vandag en volgende week in die laaste wegwedstryd teen die onoorownne Pumas) hand kan opsteek dat hulle vir die Wêreldbeker-uitdunwedstryde in gedagte gehou moet word – waarskynlik die vernaamste motivering omdat die Welwitschias nie meer die halfeindronde van die SuperSport-reeks kan haal nie.
Die Windhoek Draught Welwitschias:
15 Mahco Prinsloo
14 Russell van Wyk
13 Janry du Toit
12 Francois Wiese
11 Nikin Cloete
10 Aurelio Plato
9 JC Winkler
8 James Marx
7 Winmar Rust
6 Thomasau Forbes (kapt)
5 Max Katjijeko
4 Mahepisa Tjeriko
3 Hauta Veii
2 Roderique Victor
1 Hans Breedt
Reserwes: 16 Niël van Vuuren, 17 Herman Grobler, 18 Jason Benade, 19 Denzil van Wyk, 20 Ngumee Nguaiko, 21 Dirk von Weidts, 22 Justin Nel.
VAN KRAG TOT KRAG
Die Leeus berei hul volgende geslag skakelpare voor wanneer hulle vanmiddag by Wits teen die Welwitschias te staan kom, skryf Suparugby.
Die belowende Innocent Radebe (voorheen ’n Haai) trek die eerste keer sedert Cravenweek ’n Leeutrui aan en sal gereed op die bank sit, met Siya Masuku wat ook sy kleim op die nommer 10-trui afsteek.
Radebe kan ook as heelagter opgestuur word, maar word uiteindelik as ’n losskakel geoormerk.
Morné (Krappie) van den Berg – ’n tweede Faf de Klerk - begin op skrumskakel met Bradley Thain op die bank. Vroeg in Mei het beide van hulle individuele drieë in Windhoek gaan druk.
Rhyno Herbst, wat laas naweek in die neerlaag op Nelspruit (43-35) ’n supervertoning in die lynstane gelewer het, behou die kapteinskap ondanks Robert Kruger se terugkeer.
Eddie Fouché kry ook ’n geleentheid om sy aandele op binnesenter of tweede losskakel te laat styg.
HP van Schoor kry kans op sy merk as haker in die beginspan te maak.
Xerox Goue Leeus: Jeanluc Cilliers; Selom Gavor, Wayne van der Bank, Eduard Fouché, Anthony Volmink; Siya Masuku, Morné (Krappie) van den Berg; Len Massyn, Vincent Tshituka, James Venter, Rhyno Herbst (kapt), Robert Kruger, Chergin Fillies, HP van Schoor, Stephen Bhasera.
Reserwes: Pieter Jansen, Leo Kruger, Conor Brockschmidt, Phumzile Maqondwana, Bradley Thain, Inny Radebe, Austin Davids.
• Die huidige puntestand in die SuperSport-reeks se noordelike groep: iCollege Pumas 29 punte ná 6 wedstryde; Vodacom Blou Bulle 21 ná 6; Xerox Goue Leeus XV 13 ná 5; Valke 7 ná 5; Windhoek Draught Welwitschias 7 ná 6.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie