Span uit Windhoek moet krag vir Rundu aansit
Span uit Windhoek moet krag vir Rundu aansit

Span uit Windhoek moet krag vir Rundu aansit

Dani Booysen
NamPower het laat vanmiddag in ‘n nuusvrystelling gesê ‘n span tegnici is uit Windhoek na Rundu gestuur om die oorsaak van die kragonderbreking te vind wat die dorp se elektrisiteit omstreeks 10:00 gister laat afskop het.
Verskeie toetse is gedoen om die probleem by die dorp se substasie te vind, maar dusver sonder sukses.
“Wees asseblief seker dat die kragonderbreking al ons aandag en pogings geniet, lui die verklaring. “NamPower vra opreg verskoning vir die ongerief wat die onderbreking veroorsaak het.”
Die publiek word vermaan om alle kragverbindings as “lewendig” te beskou ondanks die gebrek aan stroom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!