Spanje g'n grap vir Chiappini
Spanje g'n grap vir Chiappini

Spanje g'n grap vir Chiappini

Ondanks die gedugte kompetisie het die Windhoeker gehoop om beter te eindig.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Gino Chiappini het Saterdag in Avilés, Spanje, aan die Internasionale Triathlon-unie se tweekampkampioenskap deelgeneem waar hy elfde in sy ouderdomsgroep (25 tot 29 jaar) geëindig het.

Die jong Windhoeker het eers verlede Dinsdagnamiddag vanaf Namibië na Spanje gevlieg, wat hom min tyd gelaat het om te akklimatiseer en van sy vlugflouheid te herstel. Sy vlug na Spanje via Johannensburg en Amsterdam het 24 uur geduur. Sy reis per bus en trein na Avilés het 'n verdere 30 uur in beslag geneem.

Die kampioenskap behels 10 kilometer hardloop, 40 km fietsry en weer 5 km hardloop – wat hy in 2 ure 29 minute 36 sekondes voltooi het.

“Ek het goed gevaar in die hardloopskof en my persoonlike beste tyd in 35 minute 42 sekondes opgestel. Op die fiets het ek glad nie goed gevaar nie. Ek is baie teleurgesteld in my vertoning, want ek wou graag heelwat beter gevaar het. Ek wou graag vir almal by die huis en die mense asook die borge wat my ondersteun 'n beter resultaat behaal het, maar dit was my nie beskore nie.

“Ek het geen verskoning nie,” het die kompeterende Chiappini aan Republikein gesê.

Met al die faktore in ag geneem waarmee Chiappini moes worstel, was sy vertoning onder moeilike omstandighede geensins 'n skande nie.



DESERT DASH WINK

“My elfde posisie is seker nie te sleg as jy teen die wêreld se toptien meeding nie. En dit was maar my vierde tweekampkompetisie waaraan ek deelgeneem het, dan is die uitslag seker nie te vrot nie. Maar ek is steeds baie teleurgesteld, want ek was eenvoudig nie goed genoeg op die dag nie. Dit was wel 'n ondervinding van 'n leeftyd. Dankie Spanje.

“Hierdie resultaat sal my nie ontspoor nie. Harde werk lê vir my voor. Ek ry op 10 Desember die Nedbank Desert Dash saam met Joshua Roberts in 'n tweemanspan en voor dit is daar die FNB Sandman-triathlon (Sondag 5 Desember) waarvoor ek en hy as span reg moet wees.

“Ek wil graag my borge Mincon, NamPharm, Wecke & Voigts Wholesale en Rocky Crest Supermarket bedank wat die kompetisie vir my moontlik gemaak het,” het hy uit Amsterdam vertel.

Die wêreldtitel vir die manskategorie 25 tot 29 jaar is deur die 29-jarige Juan Bautista Exposito Sierra van Spanje in 2:03:30 gewen. Die elite manskampioen van Frankryk, Nathan Guerbeur, het in 'n uitmuntende 1:45:28 sy eerste wêreldtitel beklink.

Chiappini het die 40 km in 1:26:54 op die fiets voltooi en die laaste 5 km hardloop het hom 22:12 geneem.

In Oktober het hy aan die Afrika-tweekampkampioen­skap in Windhoek deelgeneem en in 2:22:46 klaargemaak.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!