Spanne en skedule vir Vegkop só

Krieket
Andrew Poolman
Hoewel nie oop vir enige beduidende getal toeskouers nie, word intense krieket vandag en môre by die FNB Vegkop-stadion verwag.
WHS Old Boys se uitnodigingstoernooi word tussen spanne van eweredige sterkte in blitswedstryde oor tien boulbeurte per span gespeel.
Vir senior spelers in Namibië is dit die eerste terugkeer na die speelveld sedert die afkondiging van die nasionale noodtoestand maande gelede, hoewel hulle reeds ’n geruime tyd toegelaat word om te oefen.
Die vier spankapteins – Zane Green, Ruben Trumpelmann, Craig Williams en Gerhard Erasmus – se spanne is vroeër in ’n loting bepaal en elkeen bevat ’n paar van die nasionale Eagles-spelers, asook lede van Krieket Namibië se junior akademie en gevestigde premierliga-klubspelers.
Met die Eagles-afrigter Pierre de Bruyn se onlangse aansluiting by die nasionale oefengroep, nadat hy sy kwarantyntydperk uitgedien het, kan verwag word dat hy hoë verwagtinge van aanspraakmakers op posisies in die nasionale span sal hê.
Die vier spanne is:
WILD DOGS: Zane Green (kaptein), Niko Davin, Karl Birkenstock, Michau du Preez, Tangeni Lungameni, Mauritius Ngupita, Waylon Cloete, Jack Parker, Hansie de Villiers. Afrigter: Fortune Matawa.
RHINOS: Ruben Trumpelmann (kaptein), Shaun Fouché, Stephen Baard, Jan-Izak de Villiers, Gerhard Janse van Rensburg, Lu-Henro de Waal, Bernard Scholtz, JC Balt, Dirk Theunissen. Afrigter: Albert Mwere.
BUFFALOES: Craig Williams (kaptein), JP Kotzé, Nicolaas Scholtz, Malan Kruger, JJ Smit, Ben Shikongo, Dewald Nell, Alex Volschenk, Dylan Leicher. Afrigter: Gareth Cloete.
HONEYBADGERS: Gerhard Erasmus (kaptein), Divan la Cock, Nicol Loftie-Eaton, Pikky ya France, Lo-han Louwrens, Christiaan Schumacher, Stefan Bezuidenhout, Christo Brinkhorst, Christiaan Delport. Afrigter: Wilhelm Tuhafeni.

Die wedstrydskedule:
VRYDAG
14:30 Wild Dogs v Rhinos
15:55 Buffaloes v Honeybadgers
17:20 Veterane vertoonwedstryd

SATERDAG
09:00 Rhinos v Buffaloes
10:25 Wild Dogs v Honeybadgers
11:50 Veterane vertoonwedstryd
13:15 Wild Dogs v Buffaloes
15:40 Rhinos v Honeybadgers
16:05 Semifinaal (tweede teen derde)
17:30 Finaal (eerste teen wenner van semifinaal)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!