Spanne vir drie reekse gekies

Hengel
Des Erasmus
Des Erasmus



Namibië sal deur vyf mans verteenwoordig word wanneer hengel se wêreldbekerkompetisie van 4 tot 11 Desember by Langebaan langs die Suid-Afrikaanse weskus beslis gaan word.

Namibië sal in dieselfde tydgleuf aan die tuisfront in 'n toetsreeks teen Suid-Afrika te staan kom.

'n Derde groep Namibiese hengelaars is vir die Gus Kolnertoernooi aangewys wat van 18 tot 20 Oktober van Hentiesbaai teen presidentspanne van Suid-Afrika beslis gaan word. Op die gebied van ontwikkeling word die Gus Kolnertoernooi deur die twee deelnemende lande hoog aangeslaan.

Die wêreldkampioenskap op die strande van Langebaan geniet ontsaglike internasionale ondersteuning. Benewens Suid-Afrika en Namibië is daar ook sterk mededinging deur spanne van lande soos Brasilië, Engeland, Griekeland, Italië, Skotland, Wallis, Spanje en Portugal.

Teen druktyd was 'n sterk moontlikheid dat Namibië ook deur 'n vrouespan op die wêreldbekerbyeenkoms verteenwoordig gaan word.

Die Namibiese span vir die Wêreldbekerreeks is: Hennie Roets (Atlantic), George Coetzee (Atlantic), Morné Honiball (Welwitschia), Emile van Heerden (Atlantic) en André Muller (Welwitschia). Die spanbestuurder is Danie du Toit en die assistentbestuurder Coenie Steyn, albei van Namibpark.

Die spanne vir die toetsreeks teen Suid-Afrika is:

Meesters mans: Herman Fourie, Rodger Boon, Jörg Walter, Charles Bothma, Henry Loubser, Bertie Diedericks en Terrence Clarke. Die spanbestuurder is Steve Mertens en die assistentbestuurder Jan Olivier.

Senior mans: Rudi Swartz, Brian Curtis, Andrew van der Westhuizen, Johan Visser, Leon Krauze, Riaan Tapp en Johan van Wyk. Die ­spanbestuurder is Johan Agenbag en die assistentbestuurder Johan Burger.

Vrouespan: Carlien Steyn, Lizelle Smit, Julia Hart, Marina Kruger, Nedjilka Kohler, Lydia Cilliers en Angelique de Klerk. Die spanbestuurder is Willem Steyn en die assistentbestuurder Wimpie Delport.

Juniors onder 21: Gerhard Hough, Karel Agenbag, Henk Rossouw, Justin Smith, Armand Esterhuizen, Jan-Hendrik Heath en Luandro Erasmus. Die spanbestuurder is Louis Potgieter en die assistentbestuurder Hendrik Dry.

Die presidentspanne vir die Gus Kolnertoernooi is:

Mans: Gareth Wolfaardt, Hennie Roets, Emile Prinsloo, Christiaan Potgieter, John-John Warrington, Lous Fenoux. Die spanbestuurder is Herbert van Niekerk.

Vroue: Sarah Coetzee, Sue Drake, Lindie Krauze, Judy Langenhoven, ­Michelle Anderson en Jacomien Heath. Die spanbestuurder is Jerry Drake.

Ontwikkelingspan: Lurock Viljoen, Corné Kruger, Emile van Heerden, Shaun Bothma, Corné Agenbag en Martin Cordier. Die spanbestuurder is Danie Smith.

Meesters: Ettienne Stipp, Johan Vermaak, Spyker Kruger, Fanie van Vuuren, Simen Andersen en Boytjie Schickerling. Die spanbestuurder is André Muller.

Veterane: Johan Agenbag, Morné Horn, Jaco Venter, Louis Potgieter, Adri Roets en Gunther Krauer. Die spanbestuurder is Andrew van der Westhuizen.

B-span: Werner van Riet, Nols Diedericks, Gelhar Slabbert, Sean Oberg, Johan Mostert en Willem Steyn. Die spanbestuurder Jaco Mertens.

Grootmeesters: André Muller, Gerhard Viljoen, Chris Orffer, Johan Grebe, Deon Jacobs, Danie du Toit en Hennie Cloete. Die spanbestuurder is André Coetzee en die ­assistentbestuurder Chris Coetzee.

Juniors onder 16: Corné Burger, Shaun Kowenhoven, Devout Joubert, André-Louis Stipp en Herman Krauze. Die spanbestuurder is Ettienne Stipp en die assistentbestuurder Kiepie Burger.

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!