Spanning laai op in Venezuela, VSA-hospitaalskip ontplooi
Mense het kerse en Venezuela-vlae vasgehou toe ’n kerslig-nagwaak gehou is vir slagoffers van die jongste geweld, wat in Caracas voorgekom het.
Terwyl spanning teenoor Venezuela aan die oplaai is, beplan die Verenigde State om die ontplooiing van ’n militêre hospitaalskip na die streek aan te kondig, het Amerikaanse amptenare gesê.
Reuters berig dit is die jongste teken van die Pentagon se beperkte en geteikende betrokkenheid in die krisis.
Mense het kerse en Venezuela-vlae vasgehou toe ’n kerslig-nagwaak gehou is vir slagoffers van die jongste geweld, wat op 5 Mei in Caracas voorgekom het.
Die amptenare, wat op voorwaarde van anonimiteit met die media gepraat het, het nie laat blyk presies waarheen in die gebied die skip sal seil nie.
Verlede jaar het ’n hospitaalskip, die USNS Comfort, vir Venezolaanse vlugtelinge en andere gesorg toe dit in Colombië, Peru, Ecuador en Honduras gestop het.
Die Amerikaanse militêre suidelike bevel, wat toesig hou oor die Amerikaanse magte in Latyns-Amerika, het nie dadelik gereageer op ’n versoek vir kommentaar nie.
Die ontplooiing sal nie genoeg wees om sommige van pres. Donald Trump se mede-Republikeine tevrede te stel nie. Hulle het volgens Reuters gevra vir meer robuuste Amerikaanse militêre ondersteuning aan Venezuela se opposisieleier, Juan Guaido, wat pres. Nicolas Maduro uit die kussings wil lig.
Amerika en sowat 50 lande herken Guaido as Venezuela se wettige staatshoof. – Netwerk24/ Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie