Spanning nu00e1 moord op Lesotho se weermaghoof
Spanning nu00e1 moord op Lesotho se weermaghoof

Spanning ná moord op Lesotho se weermaghoof

Hernude vrese vir 'n moontlike staatsgreep in Lesotho, na die moord van die weermaghoof, het daartoe gelei dat verskeie politici van die land na Suid-Afrika gevlug het.
Spanning heers in Lesotho nadat lt.genl. Khoantle Motsomotso, hoof van dié land se weermag, in sy kantoor buite Maseru doodgeskiet is.

Volgens berigte is hy in sy kantoor aangeval deur twee offisiere, kol. Bulane Sechele en lt.kol. Tefo Hashatsi. Hulle is glo ook in die skietery dood.

Verskeie politici het glo na Suid-Afrika gevlug ná die skietery, wat vrese vir ’n moontlike staatsgreep laat opvlam het.

Tom Thabane, nuwe premier van Lesotho, se kantoor het aan die Lesotho Times ontken hy het gevlug.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, Suid-Afrika se minister van verdediging, het intussen met indringende gesprekke oor die situasie begin.

Adj.pres. Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika het tot dusver diplomatieke gesprekke gelei om die ewige politieke spanning in dié land te ontlont.

Die skietvoorval was in die weermag se Ratjomose-barakke buite die hoofstad Maseru, waar die bevelvoerder se kantoor is.

Sechele is ook vroeër in 2015 deur ’n kommissie van ondersoek betrek by die skietdood van Maaparankoe Mahao, die destydse hoof van die weermag.

Ooggetuies het aan die koerant gesê Sechele en Hashatsi het hul pad na Motsomotso se kantoor oopgedwing, waarna die skietery gevolg het.

Sentje Lebona, minister van verdediging, het die drie senior offisiere se dood bevestig.

Kol. Tanki Mothae, sekretaris van verdediging in Lesotho, het vroeër Dinsdag telefonies bevestig dat drie offisiere doodgeskiet is en dat die skietery ondersoek word.”

Volgens TMG Live is Motsomotso een van die oorledenes.

Sophie Mokoena, buitelandse redakteur en waarnemende politieke redakteur van die SABC, het getwiet dat vier amptenare doodgeskiet is en sommige senior politici uit die land gevlug het.

Mothae kon dit nie bevestig nie. “Meer inligting hieroor sal later beskikbaar wees,” het hy gesê. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!