Spar alleman se winkel op die oord
‘n Trollievrag vol bevrore brode het op die parkeerterrein van die Spar-sentrum op Hentiesbaai as bewys gedien van hoe gewild die produkte van die bakkery van die selfdienwinkel is. Die aankope was vir die laaste vakansiedag van die binnelanders bespreek en sal daar tuis een vir een ontdooi as ‘n produk van Hentiesbaai.
Die selfdienwinkel beskik oor ‘n grote verskeidenheid van produkte en vir vele huishoudings en kampeerders is dit ‘n eenstopsentrum vir ‘n dag by die see. ‘n Kenmerk is die flinke diens by die betaalpunte en selfs lang rye mense word vinnig weggehelp.
Die diens aan die gemeenskap sprei in spitstye soos Desember selfs wyer as die betrokke terrein met verversingsdienste wat ook by die waterglybaan tussen die Noord- en die Suidduin gelewer word.
As vakansieoord is Hentiesbaai ook dikwels die gasheer van groot byeenkomste. Dis dan wanneer by ‘n geleentheid soos die korporatiewe hengelkompetisie ‘n spysenieringsdiens gelewer word. Selfs met besoeke van hooggeplaastes is die Spar-span daar met warm en goedvoorbereide etes.
In die Sparsentrum is ook verskeie neswinkels met ‘n verwante drankwinkel, winkels met hengelgerei en ook ‘n apteek. ‘n Eiendomsmakelaar doen daar haar sake en net om die hoekie is daar ‘n eetplek wat op visprodukte vars uit die see konsentreer.
Die eienaars van Spar, Johan en Daleen Agenbag, staan ook kniediep in die gemeenskapslewe. Johan is voorsitter van die Namibiese Hengelunie en Daleen is voorsitter van die dorp se wakker Toerismevereniging. Die vereniging staan ook aan die spits van die organisasie van die jaarlikse Hentiesfees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie