Spar en vennote hou strande skoon
Mnr. Mossie Mostert van die Spar-groep se jaarlikse skoonmaakveldtog langs die Namibiese kus het weer talle fotograwe se aandag getrek. Michelle le Roux het die foto's op 19 Desember tussen Hentiesbaai en Swakopmund geneem. Tien dae is reeds sedert 12 Desember aan die operasie afgestaan, met werk wat vandag voortduur. Die naweek kom die groot kuierplekke in die riviermond aan die beurt. Spar Namibia se vennote in die projek is die Hentiesbaai Spar, Nedbank Namibia, Vivo Energy Namibia (Shell), Swanib Cables, Willard Batteries, McKane (NBL), Super Tyres, Cadbury, Vita Juice/Red Bull, Simba Chips, Star Body Works, Kosmos 94.1, LR Parts, Rent-a-Drum en Tuffy (vuilgoedsakke).
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie